Monday, January 20, 2025

Tannie Poppie se Broodpannekoek

Bookmark
Bookmarked

Pannekoekbeslag
250 ml koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
1 eier
375 ml (1½ k) melk
5 ml (1 t) gesmelte botter
Gerasperde skil van 1 lemoen
250 g vars of bevrore rooi bessies
1 rosyntjiebrood, in dik snye gesny
200 g 70% donkersjokolade, gekap en gesmelt (op die ontvriesstelling vir 1-2 min.)
1 x 375 g-blikkie karamel
60 ml (¼ k) botter vir bak

Metode

  1. Meng die koekmeel, bakpoeier en sout. Klits die eier en melk goed saam. Voeg die botter en lemoenskil by.
  2. Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en klits tot glad. Laat die beslag vir 30 min. rus.
  3. Verhit die bessies in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Bring tot kookpunt en roer deurentyd. Verlaag die temperatuur en prut vir 5 min. Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
  4. Meng die gesmelte donkersjokolade en karamel in ’n groot mengbak. Hou eenkant.
    5.Smeer 4 van die snye van die brood met die karamelmengsel, gevolg deur skeppies van die bessies. Sit die res van die snye brood daarop om toebroodjies te vorm.
    6.Verhit die botter in ’n kleefwerende pan oor matige hitte.
  5. Dompel die toebroodjies in die pannekoekbeslag. Bak vir 2-3 min. aan elke kant of tot goudkleurig.