Wednesday, May 1, 2024

Kinders geniet Tutela vakansie program

Bookmark
Bookmarked

Tutela het die afgelope vakansie die kinders besig gehou by NG Secunda Oos Gemeente 

Tutela het besluit om ‘n vakansie program aan te bied vir Tutela kinders. Dit sluit in families wat Tutela aan dienste lewer, pleeg kinders en kinders in tydelike plek van veiligheid.

30 kinders was ge-identifiseer en uitgenooi om gedurende 3-7 Oktober 2022 in te skakel by die program. Die kinders was daagliks tussen 10H00 en 13H00 besig gehou met verskillende aktiwiteite.

Die hoofdoel was om verhouding te bou met die kinders, aangesien baie van hulle die maatskaplike werksters in ‘n negatiewe lig sien. Sodoende deur saam met hulle te sosialiseer het hulle ‘n positiewe konnotasie gemaak oor gesinsorg. Die maatskaplike werkers het uit hulle pad uit gegaan om met elke kind individueel asook in groeps verband tyd te spandeer.

Florentia Moloi (maatskaplike werker van Tutela Secunda) was aan die hoof van die projek en Chemondre Prinsloo (Maatskaplike werker Secunda) asook Desme Nkosi (maatskaplike werker van Tutela Bethal) en Ronel McIntyre (administratiewe bestuurder van Tutela Secunda & Bethal) asook Shamillah Wilkenson (volunteer) was nou betrokke by die aktiwiteite.

Daar is ook elke dag middagete en peuselhappies gegee vir die kinders. “Ons wil graag erkenning gee aan die Nuwe Apostoliese Kerk vir die donasie van vrugte en koeldrank vir die hele week” het Ronel gesê.

Die week se aktiwiteite het as volg verloop:

Maandag het afgeskop met ‘n “ice-breaker” en “introduction”. Die kinders het speletjies gespeel en mekaar beter geleer ken. Die kinders was in groepe verdeel en het span-bou aktiwiteite gedoen.

Dinsdag was “arts & crafts” dag. Die kinders het verskeie aktiwiteite gedoen. Marli het vir hulle ‘n kuns aktiwiteit aangebied en die kinders geleer om hand-drakies te maak en versier. Die span kinders het daarna ‘n muurbehangsel/doek gemaak en met hul geverfde handjies versier. Hulle is geleer om die natuur te gebruik vir middels om verjaarsdag, kersfees en bedankings kaartjies te maak.

kinders

Woensdag was Musiek-dag

Die span het afgeskop met ‘n “line-dance” en daarna verskillende dansies gedoen op maat van musiek. Die doel was om kinders bloot te stel aan verskillende tipes musiek terwyl hulle pret het. Baie dankie aan Mac McIntyre wat die kinders met roomys bederf het en Maccie & Leane wat gehelp het met die musiek.

Donderdag het ons ‘n fiksheids dag gehad. Tutela was baie bevoorreg om vir PJ en Kyle van Grip and Rip, Crossfit and Sweat daar te he om die kinders besig te hou met verskillende oefeninge en speletjies. Die kinders het dit ongelooflik baie geniet om saam met die professionele instrukteurs te oefen. Hulle was behoorlik pootuit na die sessie en is toe bederf /beloon met ‘n McDonalds Happy meal, verskaf deur Grip & Rip.  Die kinders het geleer van uithou vermoe en hoe belangrik oefening vir hul liggame is. “Healthy body, healthy mind” Elke kind het ‘n medalje ontvang vir hul deelname

Die hoogtepunt van die week was Vrydag se afgesluitings partytjie waarmee Tutela vir elke kind wat deel gehad het aan die program bedank het. Weereens het mense hul harte oopgemaak en Tutela ondersteun. Marc Fick, van Yhwh Rapha Recovery Centre het ‘n springkasteel en waterslide geborg vir die dag. Die kinders het hope pret gehad daarmee. “Baie dankie ook aan Mnr. Prinsloo wat die worsbroodjies geskenk het en die manne van Yhwh Rapha wat kom braai het.”

Die maatskaplike werkers het erkenning gegee aan die kinders wat die program bygewoon het deur ‘n sertifikaat aan hulle te oorhandig gedurende ‘n prys uitdeling seremonie.

“Baie dankie aan Jan & Louise Badenhorst van Anker Gemeente wat heerlike kolwyntjies geskenk het,” het Ronel gesê

Also read: Kruik se Oggenddiens 23 Oktober 2022

“Ds. Hannes Reinecke, wat ook Tutela Secunda se Voorsitter is, het aangebied dat ons vakansie program by die NG Secunda Oos Gemeente kan hou,” het Ronel aan die Bulletin gesê,  “Ons wil die Gemeente hartlik bedank dat ons die perseel en fasiliteite kon gebruik vir die week. Sonder hulle sou die kinders beslis nie soveel pret kon hê nie.”

“Ons is dankbaar vir elke organisasie en individual wat betrokke was by die program en bygedra het tot die sukses daarvan,” sê Ronel, “Tutela Secunda beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak aangesien dit deel van gemeenskaps werk vorm.”

Tutela verwelkom enige organisasie wat graag betrokke wil raak. Kontak gerus Ronel McIntyre by 079 310 2599 of tutela.secunda@gmail.com indien enige een betrokke wil raak