-

Community newsEthan, sy hart kry hom nie onder nie

Ethan, sy hart kry hom nie onder nie
E

Advertisements

Ethan van Vuuren Maciel (11) is voorwaar ‘n merkwaardige seun met vele talente.

Ethan het onlangs aan die Con Spirito Kunskompetisie deelgeneem en ‘n eerste plek behaal.

Die Bulletin het bietjie met Ethan gesels en hom uitgevra oor sy talente. Kyk gerus na die video.

Die Bulletin gesels met Ethan

Con Spirito is ‘n unieke Kultuurvereniging, Kultuur met Geesdrif, wat in 2003 gestig is.  Hulle is passievol oor kultuur en wil graag vir elke kind die geleentheid skep om sy/haar talente uit te leef.

Kultuurkompetisies van verskeie aard word jaarliks aangebied wat geleentheid bied aan die wat nie altyd ‘n kans kry in sy/ haar skool nie.  Enige skool/organisasie mag deelneem aan Con Spirirto.

Advertisements

Ethan het verskeie deelnemers uitgestof met sy kunswerk. Die kunswerk het geraamtes wat karnaval hou uitgebeeld.

Waterverf deur Ethan

Alhoewel Akriel sy gunsteling medium is hou Ethan ook daarvan om met waterverf en pastel te werk. Hy verf graag diere en voëls.

Kuns is nie die enigste area waarin hy uitblink nie. Ethan hou van musiek en speel graag sy kitaar. Hy hou baie van klassieke kitaar maar het onlangs die plesier van die elektriese kitaar ontdek. “Maar dit is net vir die pret” sê Ethan.

Hy speel ook klavier en viool. Hy het onlangs weer sy Unisa musiek eksamens geslaag.

Advertisements

Die aktiwiteit vaarwan Ethan die meeste hou is egter Gholf. “Ek oefen harder aan my Gholf as aan my musiek,” sê Ethan tewyl hy skaam lag.

Alhoewel Ethan graag Gholf speel speel hy ook Krieket en geniet dit baie om te boul. “Ek het nou die dag my afrigter uitgeboul,” sê hy, “hy skuld my nou sjokelade.”

Hy blink ook uit met akademie en is onder die top 10 vir sy graad.

Maar dit het nie altyd goed gegaan met Ethan nie. Inteendeel gaan dit nog steeds nie altyd klopdisselboom nie.

Advertisements

Lees ook: Kedi Art students perform well at Con Spirito

As baba het hulle, die dokters,  ‘n vernoude Aorta by Ethan gediagnoseer. Dit kan baie hoë bloeddruk veroorsaak en hy word vinniger as ander kinders moeg of uitgeput. Hy verkies egter dat die stukkende hart nie sy lewenslus moet demp nie en leef alles voluit.

Die dokter beplan om die grootste moontlike stent in te plaas om die drukking om sy hart te verminder en sy bloeddruk te stabiliseer. Ethan gebruik tans geen medikasie nie en word gereeld gemonitor om sy hart kondisie dop te hou.

Ons hou graag sy loopbaan dop en glo dat Ethan nog groot hoogtes gaan beriek.

Advertisements

Hou so aan, ou Grote!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Ethan, sy hart kry hom nie onder nie

- Advertisement -

Latest news

Medical staff held hostage, ambulance stripped

SUSPECTS STRIPS AN AMBULANCE AND HELD MEDICAL STAFF HOSTAGE Nelspruit: 16 May 2022 - The Provincial Commissioner of the SAPS in...

Human Trafficking, Suspect remanded in custody

SUSPECT APPEARED IN COURT FOR HUMAN TRAFFICKING MPUMALANGA –A 40 years old, undocumented Mozambican appeared before the Bethal Magistrate Court today,...

Murderer sentenced to additional life imprisonment (4th life)

CONTINUOUS MURDERER SENTENCED TO 4TH LIFE IMPRISONMENT PLUS 80 YEARS FOR KILLING OLD WOMEN  MPUMALANGA – Today,16 May 2022, the Pretoria...

Kruik se Oggenddiens 15 Mei 2022

Welkom by Kruik se oggenddiens van 15 Mei 2022 Vanoggend se tema is "Die Heilige Gees, Hier en Nou." https://youtu.be/IwYkvycWhfM Die Heilige...

You might also likeRELATED
Recommended to you