Ethan van Vuuren Maciel (11) is voorwaar ‘n merkwaardige seun met vele talente.
Ethan het onlangs aan die Con Spirito Kunskompetisie deelgeneem en ‘n eerste plek behaal.
Die Bulletin het bietjie met Ethan gesels en hom uitgevra oor sy talente. Kyk gerus na die video.
Con Spirito is ‘n unieke Kultuurvereniging, Kultuur met Geesdrif, wat in 2003 gestig is. Hulle is passievol oor kultuur en wil graag vir elke kind die geleentheid skep om sy/haar talente uit te leef.
Kultuurkompetisies van verskeie aard word jaarliks aangebied wat geleentheid bied aan die wat nie altyd ‘n kans kry in sy/ haar skool nie. Enige skool/organisasie mag deelneem aan Con Spirirto.
Ethan het verskeie deelnemers uitgestof met sy kunswerk. Die kunswerk het geraamtes wat karnaval hou uitgebeeld.
Alhoewel Akriel sy gunsteling medium is hou Ethan ook daarvan om met waterverf en pastel te werk. Hy verf graag diere en voëls.
Kuns is nie die enigste area waarin hy uitblink nie. Ethan hou van musiek en speel graag sy kitaar. Hy hou baie van klassieke kitaar maar het onlangs die plesier van die elektriese kitaar ontdek. “Maar dit is net vir die pret” sê Ethan.
Hy speel ook klavier en viool. Hy het onlangs weer sy Unisa musiek eksamens geslaag.
Die aktiwiteit vaarwan Ethan die meeste hou is egter Gholf. “Ek oefen harder aan my Gholf as aan my musiek,” sê Ethan tewyl hy skaam lag.
Alhoewel Ethan graag Gholf speel speel hy ook Krieket en geniet dit baie om te boul. “Ek het nou die dag my afrigter uitgeboul,” sê hy, “hy skuld my nou sjokelade.”
Hy blink ook uit met akademie en is onder die top 10 vir sy graad.
Maar dit het nie altyd goed gegaan met Ethan nie. Inteendeel gaan dit nog steeds nie altyd klopdisselboom nie.
Lees ook: Kedi Art students perform well at Con Spirito
As baba het hulle, die dokters, ‘n vernoude Aorta by Ethan gediagnoseer. Dit kan baie hoë bloeddruk veroorsaak en hy word vinniger as ander kinders moeg of uitgeput. Hy verkies egter dat die stukkende hart nie sy lewenslus moet demp nie en leef alles voluit.
Die dokter beplan om die grootste moontlike stent in te plaas om die drukking om sy hart te verminder en sy bloeddruk te stabiliseer. Ethan gebruik tans geen medikasie nie en word gereeld gemonitor om sy hart kondisie dop te hou.
Ons hou graag sy loopbaan dop en glo dat Ethan nog groot hoogtes gaan beriek.
Hou so aan, ou Grote!