Friday, March 29, 2024

Hoërskool Oosterland se nuwe no 1 krieketafrigter: JP Nel

Bookmark
Bookmarked

JP Nel het die meeste van sy krieketagtergrond in Gauteng behaal waar hy op skoolvlak klubkrieket gespeel in die Primier A liga gekolf en boul het. Hier is hy dan ook vir die Wes-Rand span gekies.

Op die Puk, tydens sy studentejare het hy in sy vrye tyd  koshuiskrieket gespeel het en toe ook vir die NWU Pukke krieket gespeel.

Na Universiteit het hy in Gauteng skool gehou en sportorganisering en Krieketafrigting gedoen het.

LEES OOK: Laerskool Secunda Digitale Opedag 30 Junie 2020 om 18:00 (Facebook en Youtube) https://thebulletin.co.za/2020/06/24/laerskool-secunda-digitale-opedag-30-junie-2020-om-1800-facebook-en-youtube/

Hy het by skole waar in 3 jaar geen krieket aangebied was nie, ‘n nuwe krieketliefde aangewakker en spanne begin.

Hoërskool Oosterland se nuwe no 1 krieketafrigter: JP Nel
JP Nel is Hoërskool Oosterland se nuwe krieketafrigter

Visie en missie:

My visie as afrigter- en krieketorganiseerder is om elke krieketspeler nie net te verbeter op die veld nie maar ook van die veld af.

Respek en dissipline is waardevolle eienskappe wat ek in al my spelers wil inburger.

Oosterland staan as een van die beste krieket-skole in die distrik bekend – ons het goeie kwalitiet afrigters en ‘n krieketakademie waar daar opleiding gegee word.

Daar is ook nabetragting-sessies om elke kind te verbeter en kliniekure waarin persoonlike ontwikkeling kan geskied.

Krieket by Oosterland is nie net ‘n sport nie, maar vorm deel van ‘n positiewe inset totdat elke speler se sy potensiaal kan bereik.”

LEES OOK: Gr 8 2021 Inskrywings http://oosterland.co.za/

Vir meer navrae oor die krieketkliniek kan u Hs Oosterland skakel en met JP self gesels – of stuur e-pos na bemarking@oosterland.co.za

“Respect for ourselves guides our morals; respect for others guides our manners” – Laurence Sterne