Saturday, April 20, 2024

Hoërskool Secunda leerlinge en onderwysers presteer

Bookmark
Bookmarked

Verskeie onderwysers en leerlinge het Hoërskool Secunda hoog gehou die afgelope tyd met uitstekende prestasies

ASA Vlak 1 Atletiekafrigtings kwalifikasies

Mnr Jan van Straaten, onderwyser van Hoërskool Secunda, en Michelle Parks, ‘n leerder van Hoërskool Secunda het onlangs hul ASA Vlak 1 atletiekafrigtings kwalifikasie geslaag. Mnr. Jan van Straaten het die kursus in Worpe voltooi. Michelle Parks het die  kursus in langafstande voltooi. Michelle is self ‘n uitblinker-langafstandatleet.

Hoërskool Secunda leerlinge en onderwysers presteer
Gabi Stemmet presteer uitstekend in Redenaars

Gabi Stemmet, ‘n Graad 8- leerder van Hoërskool Secunda, het uitstekend presteer  in die Artistatue Redenaarskompetisie.

Sy het Nasionaal eerste gekom  in die Engelse Public Speaking afdeling vir Graad agts. Sy het ook ‘n derde plek behaal in die Afrikaanse redenaarsafdeling van dieselfde Nasionale kompetisie.

Gabi Stemmet

Gabi het ook in die Allegretto Eisteddfod in die afdeling Public Speaking ‘n gemiddeld van 97,3% behaal en daarmee na die finale nasionale rondte deurgedring wat volgende naweek plaasvind. Sy het in Afrikaanse redevoering ‘n gemiddeld van 98,6% behaal en dring daarmee ook na die finale rondte van Allegretto deur.

Sy het ook in Con Spirito in Afrikaans Voorbereide Redenaars en Fotografie na die Forté-kompetisie deurgedring.

Besoek Hoërskool Secunda se webblad HIER

Aanlyn kultuur kompetiesies

Verskeie leerders van Hoërskool Secunda het tydens die grendeltyd gebruik gemaak van verskeie aanlynkompetisies in Kultuur.

Die volgende leerders het na die Nasionale Forté rondte deurgedring en neem in Desember deel:

  • Lana Hyman, Gr 9, English Public Speaking: Prepared
  • Chana Dunn, Gr 10, English Public Speaking: Prepared; Kreatiewe skryfwerk: Afrikaans Poësie; Kreatiewe skryfwerk: English Essay (Itemwenner)
  • Henri Viljoen, Gr 11, English Public Speaking: Prepared; Afrikaans Redenaars: Voorbereid
  • Nika Thomas, Gr 8, Afrikaans Redenaars: Voorbereid
  • Gabriëlla Stemmet, Gr 8, Afrikaans Redenaars: Voorbereid; Fotografie
  • Marelize van Niekerk, Gr 8, Afrikaans Redenaars: Onvoorbereid; AfrikaansRedenaars:Voorbereid (Itemwenner)
  • Sonél de la Rey, Gr 12, Afrikaans Redenaars: Voorbereid; Kreatiewe skryfwerk: English Essay; Kreatiewe skryfwerk: English Poetry (Itemwenner); Kreatiewe skryfwerk: Afrikaans Opstel (Itemwenner); Kreatiewe skryfwerk: Afrikaans Poësie
  • Altus Smit, Gr 11, Sang: Ligte musiek met begeleiding
  • Cabous Harmse, Gr 10, Drama: Improvisasie (Itemwenner); Kreatiewe skryfwerk: English Essay; Kreatiewe skryfwerk: Afrikaans Opstel; Kreatiewe skryfwerk: Afrikaans Poësie
  • Mia Louw, Gr 10, Verf (Itemwenner)

Baie geluk aan hierdie leerders en hul ouers met hul puik prestasies. Hoërskool Secunda wens jul sterkte toe vir die Nasionale rondte.

Lees ook: Lihle Khumalo, Vice President of the Golden Key Society of the University of Pretoria