-

News Kruik Oggenddiens, 27 September 2020

Kruik Oggenddiens, 27 September 2020
K

Welkom by Kruik se oggenddiens 27 September 2020

Tema vir vanoggend se diens is: Die Jesus Ritmes

Kruik se Oggenddiens 27 September: Die Jesus Ritmes

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens, 20 September 2020

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere: 1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016 2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels.

Geniet die diens saam met ons!

Preeknotas + Besprekingsvrae: https://bible.com/events/41173472

Ons sluit vanoggend ons reeks af; Die Jesus ritmes.

Wat is dit wat Jesus doen en sê wanneer dit kom by ritmes in sy en ons lewe?

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes…

Ek dink daar is 4 groot ritmes wat ons moet toelaat en in nooi in ons lewens…

  1. Ek moet toelaat dat daar dele van my lewe weer gebore word, nie net my hart nie.
  2. Ek het nodig om nuwe prentjies van God en myself te skep – Jesus skep die prentjie van God as ‘n goeie Vader.
  3. Ek het nodig om stil te word, te hoor wat God vir my wil sê, selfs in my mees opregte gebede.
  4. Vanoggend… ek het nodig om te besef ek is deel van ‘n groter legkaart… die lewe is groter as net ek, en ek is nie net gemaak vir myself en my behoeftes nie. Ek is deel van ‘n liggaam, deel van iemand anders se lewe.

1 Korintiërs 12:12 (The Message) You can easily enough see how this kind of thing works by looking no further than your own body. Your body has many parts—limbs, organs, cells—but no matter how many parts you can name, you’re still one body. It’s exactly the same with Christ. By means of his one Spirit, we all said good-bye to our partial and piecemeal lives. We each used to independently call our own shots, but then we entered into a large and integrated life in which He has the final say in everything.

Laat my altyd dink aan ‘n legkaart…Weet nie van julle daarvan hou om legkaart te bou nie… maar dit is teleurstellend as jy hard gewerk het aan die bou van daardie legkaart en jy kom op die einde agter daar is een stukkie weg… jy soek orals en kry dit nie… Al die harde werk, die ure… die entosiasme is geblus!

En as dit my legkaart is gaan hy noot weer gebruik word nie… hy gaan asblik toe… jy kan hom nie eens vir iemand gee nie… of verkoop nie, niemand soek ‘n legkaart wat nie die volle stukke het nie.

Ons werk dieselfde… ons het mekaar nodig, en hoe vinniger ek en jy kan besef ek en jy is deel van ‘n groter prentjie… en deel van liggaam wat Christus verteenwoordig… hoe beter vir ons.

Dink jy dis toevallig dat jy in dieselfde dorp, land of selfs werk is saam die mense rondom jou? Ek dink niks is toeval nie…

Dink vir ‘n oomblik aan jouself as ‘n legkaart stuk in iemand langs jou se lewe…

Jesus het geweet hy is die groot prentjie van ons lewe… maar Hy het Homself ‘n legkaart stuk gemaak in almal se lewe wat Hy verby gegaan het… niks was toevallig vir Jesus nie.

Een van Jesus se groot ritmes in Sy lewe op aarde was… Hy het by mense stil gestaan… hulle ge-ag maak nie saak wie hulle was nie… en hulle genooi om deel van Sy lewe te word…

Wat sal gebeur as ek en jy hierdie Jesus ritme aanneem as ons eie… hoe sal ons wêreld begin lyk, hoe sal mense om ons se wêrelde begin lyk…

Kan ek en jy opnuut besef ons het iets om te gee… ons kan nie net lewe vir onsself nie… daar is groter prentjie en ons is ‘n stuk in hierdie legkaart.

Romeine 12:4-6 (The Message) In this way we are like the various parts of a human body. Each part gets its meaning from the body as a whole, not the other way around. The body we’re talking about is Christ’s body of chosen people. Each of us finds our meaning and function as a part of his body. But as a chopped-off finger or cut-off toe we wouldn’t amount to much, would we?

So since we find ourselves fashioned into all these excellently formed and marvelously functioning parts in Christ’s body, let’s just go ahead and be what we were made to be, without enviously or pridefully comparing ourselves with each other, or trying to be something we aren’t.

1 Petrus 4:7-11 (The Message) Everything in the world is about to be wrapped up, so take nothing for granted. Stay wide-awake in prayer. Most of all, love each other as if your life depended on it. Love makes up for practically anything. Be quick to give a meal to the hungry, a bed to the homeless—cheerfully.

Be generous with the different things God gave you, passing them around so all get in on it: if words, let it be God’s words; if help, let it be God’s hearty help. That way, God’s bright presence will be evident in everything through Jesus, and he’ll get all the credit as the One mighty in everything—encores to the end of time. Oh, yes!

Wanneer jy ja sê om Jesus te volg, sê jy ja om deel van die Jesus prentjie te word, ja om ‘n deel te hê in dit wat God doen.

Ek wil myself vanoggend ‘n vraag vra… miskien kan jy dit vir jouself vra… en dit gaan dalk seer maak…

Wat is dit wat ek oor besitlik is in my eie lewe… wat is dit wat ek nie maklik wil deel nie… miskien moet Ek daar begin…

Ryk Jongman – Wat moet ek doen om die koninkryk van God te beerwe? Verkoop alles en volg my… dit wat oor jou gaan, los dit agter en volg dit wat oor My en my groter prentjie gaan.

Wat van as die uitnodiging van Jesus dit is: Wees jy in my plek dit wat ek vir elke mens wil wees…

Hierdie is groot… maar miskien kan ons begin by een mens… een wêreld… een lewe…

Wat is dit wat jy kan gee om iemand anders se wêreld beter te maak?

Wat van as Jesus se uitnodiging om Hom te volg nie net oor jou gaan nie, maar oor jou lewe as ‘n stuk in die groot legkaart?

Kom ons besin opnuut oor hierdie ritmes… wat moet verander?

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe.

Besprekingsvrae

  • Wat is dit wat jy kan gee om iemand anders se wêreld beter te maak?
  • Wat van as Jesus se uitnodiging om Hom te volg nie net oor jou gaan nie, maar oor jou lewe as ‘n stuk in die groot legkaart?
  • Kom ons besin opnuut oor hierdie ritmes… wat moet verander?

Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “Halleluja in my hart” / F Lamprecht / MAR Gospel Music Publishers “This is amazing grace” / J. Farro, J. Riddle & P. Wickham / © 2012 Bethel Music “Great are you Lord”/ L. Jordan & D. Leonard / © 2012 Open Hands Music

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Kruik Oggenddiens, 27 September 2020

- Advertisement -

Latest news

Eagles win the Covid indoor cricket league.

The Eagles have done in again with their win in the Covid league, Mens A division.

Hair mask DIY with L&A

DIY Hair mask with L & A With the weather becoming increasingly warmer...

16 Days of Activism kickstarted by peaceful march

16 Days of Activism kickstarted by a peaceful march this morning from the Secunda Police station...

Bail granted to alleged fraudster

ALLEGED FRAUDSTER GRANTED FIFTY THOUSAND RAND BAIL FOR FRAUD MPUMALANGA – Osfael Vusimuzi...

You might also likeRELATED
Recommended to you