-

CityPressSecundaGOEDEHOOP OORHEERS NETBAL BY MUSSA'S

GOEDEHOOP OORHEERS NETBAL BY MUSSA’S
G

Laerskool Goedehoop maak skoonskip by Mpumalanga Uitspele

Advertisements

Laerskool Goedehoop maak skoonskip by Mpumalanga Uitspele

Laerskool Goedehoop se netbal het 2022 die bane oorheers!  Nie net tydens die ligawedstryde nie, maar ook by Gert Sibande en die afgelope naweek by MUSSA’s.  Die afrigters en spelers het van die begin van die seisoen 110% gegee en die uitslae spreek van toegewydheid en deursettingsvermoë!  Tydens die afgelope naweek se Mpumalanga uitspele te Witbank word die o/13A-, o/12A- en o/11A-netbalspanne gekroon as Mpumalanga wenners.  Die o/11B- en o/12B-netbalspanne eindig 2de in Mpumalanga en die o/13B-netbalspan eindig 4de.  Die o/13A- en o/12A-netbalspanne gaan Mpumalanga by SA’s verteenwoordig. Buiten die pragtige uitslae by die Mpumalanga uitspele is al 6 spanne ook Gert Sibande-wenners!

o/13A-, o/12A-, o/11A-netbalspanne is MUSSA-wenners.

Hierdie uitslae sal nie moontlik wees sonder die grondslag wat reeds vroeg by mini-netbal gevestig word nie.  Laerskool Goedehoop verseker massa deelname en geen dogter word weggewys wat graag wil deelneem nie.  Ons spog jaarliks met tot 5 mini-netbalspanne!  Daar is geen A-, B- of C-spanne nie sodat elke dogter die geleentheid gebied word om hul volle potensiaal te bereik.    In die maand van Mei word daar elke naweek by verskeie skole deelgeneem aan ʼn mini-sportdag.  Hier speel die dogters tot 5 wedstryde per dag en roteer hulle op die verskillende posisies om hulle vertroud te maak daarmee.

Hierdie is slegs een aspek waar Laerskool Goedehoop #1 is!  Kom kuier gerus by Laerskool Goedehoop se Inligtingsaand, 9 Junie 2022 om 18:00 waar Mnr Gawie van Niekerk (Hoof), Mnr Etienne Rossouw (Voorsitter Beheerliggaam) en Ronél Sadie (Opvoedkundige Sielkundige) met u as ouers gaan gesels.  Vrydag, 10 Junie 2022 tussen 14:00 en 17:00 kan u en kleinding op ons terrein kom kuier.  Ontmoet die onderwysers, sien die terrein en klasse en gesels met tannie Liefde en terapeute.  Die beste opvoeding vir u kind begin hier!

Lees ook: VENGEANCE ON SECUNDA RALLY MENU

Advertisements
Die o/11B- & o/12B-netbalspanne eindig 2de by MUSSA’s, die o/13B-netbalspan eindig 4de. Al 6 Laerskool Goedehoop netbalspanne eindig in die Top 5 in Mpumalanga.

By Laerskool Goedehoop breek ons deur verskillende atmosfere sodat u kind op kulturele – en sportvlak kan skitter soos sterre regoor die wêreld, op akademiese gebied gly ons op die melkweg en verken ons die bekende en die onbekende noukeurig, maar gravitasie hou ons voete stewig op die grond as dit kom by ons waardes en Christelike geloof. By Laerskool Goedehoop is dit ons missie om u kind te laat uitstyg en skitter op hul eie unieke manier!

goedehoop

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

GOEDEHOOP OORHEERS NETBAL BY MUSSA’S

Laerskool Goedehoop maak skoonskip by Mpumalanga Uitspele

- Advertisement -

Latest news

Security companies urged to pay employees

Outgoing security companies are obligated to pay workers says Shongwe Mpumalanga MEC for Community Safety, Security and Liaison, Vusi Shongwe,...

Two (2) life sentences for rapist and murderer

The Provincial Commissioner is elated with two life sentences handed down to convicted rapist and murderer Nelspruit: 22 April...

ANIMALS 101 – HOLIDAY TIPS FOR PET OWNERS WHO CARE

SAFETY TIPS TO CONSIDER FOR YOUR ANIMALS DURING THE HOLIDAYS. The holiday is just around the corner and many people...

Alleged drug kingpin and fugitive appeared in court

Bethal - A fugitive and alleged drug ring leader appeared in court MPUMALANGA – Mbuso Janvier Kikaranga (35) a Congolese citizen...

You might also likeRELATED
Recommended to you