-

HealthMorné Oosthuysen, Oorleef COVID!

Morné Oosthuysen, Oorleef COVID!
M

Morné Oosthuysen het Covid oorleef nadat hy gedurende die eerste vlaag Covid opgedoen het.

Morné se storie klink amper soos ‘n Bybelse storie van Hoop en Geloof, maar as mens stil word en weer daarna luister en dit lees besef mens dat sy storie amper daar hoort. Hoe oorleef mens die ongelooflike ernstige virus? Hoe hou mens kop met so ‘n swaard bo mens se kop?

Morné se storie is ‘n storie van hoop, geloof en liefde. Ongelooflike hoop, onwrikbare geloof en tonne liefde.

Morne
Morné en Candice Oosthuysen

Hoe tel mens die virus op? Wat gebeur as jy die virus het? Hoe oorleef mens die hospitaal? Hoe herstel mens? Dan laaste, hoe help jou geloof jou deur hierdie siekte.

Luister hoe vertel Morné self sy geloofs storie en luister hoe hy die virus opgedoen het. Maak jouself gereed vir die stryd. Rowland Jones van Kruik gemeente het met Morné gesels oor sy ervaring met Covid.

Die storie van Morné Oosthuysen. Rowland Jones het met hom gesêls

Morné is op 8 Julie 2020 positief gediagnoseer met covid en is op 15 Julie die eerste keer opgeneem in die hospitaal met Covid longontsteking. Hy is op 18 Julie ontslaan.

Op 20 Julie word hy weer opgeneem met Covid longontsteking. Hierdie keer was hy egter vir 3 dae in die intensiewe eenheid. Hy is dan weer op 28 Julie ontslaan.

10 Augustus word hy vir ‘n derde keer opgeneem met Covid longontsteking. Hy spandeer 13 dae in die intensiewe eenheid waarvan 3 dae op ‘n ventilator. op 26 Augustus word hy dan weer ontslaan.

Op 27 September word hy dan vir ‘n 4de keer opgeneem met longontsteking en was geplaas in die NON-Covid intensiewe eenheid in Mediclinic Highveld.

Op 29 September word hy oorgeplaas na Donald Gordan, Wits Medical Centre onder Dr Gunter Schleicher en Dr Kate Dudgeon.

27 September se Covid toets was negatief. 7 Oktober toets hy negatief vir HIV en op 8 Oktober wys sy CT-Scan en sy Longfunksie toets dat sy longe teen ongeveer 46% funksioneer.

Morné het sy getuienis gepen en met ons gedeel. Hier volg sy getuienis in sy eie woorde:

Morné se getuienis: ‘n Godelike ontmoeting

Niks, maar niks kan jou voorbery vir die skok wanneer jy die bevestiging kry dat jy positief getoets het vir covid-19 nie. Hallo almal ek is Morné en my vrou se naam is Candice. Ons is Covid survivors en hierdie is die storie van ons journey en my ontmoeting met my Skepper.

Dit was Woensdag die 8ste Julie 2020 en eers was dit net ek wat siek geword het. Die volgende dag het my liewe vrou siek geword. Ons simptome was ook nie heeltemal dieselfde nie, maar daar was tog sommige ooreenkomste. Dieselfde dag wat ons siek geword het, het ons vir die toetsie gegaan daar by Ampath in Trichardt. Ek het my uitslag Vrydag gekry en Candice haar uitslag die Saterdag.

Ek onthou nog ons gesprek wat iets geklink het soos: “oooo magtag, wat nou!” Ons was altwee siek en ons bekommernis het begin by: wat van die kinders? Wat maak ons nou? Die kinders se skole was gelukig baie akommederend, iets waarvoor ons nog baie dankbaar sou wees.

Morné certel hoe hy die virus opgedoen het

Van hier af, het ons lewe drasties verander! Die realiteit van siek wees as gevolg van die Corona virus het alhoemeer ‘n werklikheid begin word… dit is regtigwaar “life changing”. Ek was die 15 Julie 2020, vir die eerste keer in die hospitaal opgeneem en tot en met die 21ste Oktober was ek 5 keer in-en-uit die hospitaal gewees, waarvan ek 3 keer in ICU was.

Ons medisie het nog baie min van die virus geweet en tog maar alles probeer om my aan die lewe te hou. My liggaam het bly saturasies verloor want my longe het baie seer gekry. Ek het ongelooflik baie gesukkel met asemhaling!

Dit was tydens my tweede opname in ICU wat die mediese personnel van mening was dat ek regtigwaar in lewensgevaar was. Eers het die hoë-druk masjien nie meer goed genoeg gewerk vir my nie en toe later die CPAP masjien. Die laaste lienie in vedediging om my lewe te probeer red, was die “gevreesde” ventilator. As dit nie gewerk het vir my nie, was daar niks meer verder wat die dokters vir my kon doen nie en sou dit dan die einde van my lewe beteken het. Ek het dit geweet en ek was bang gewees. Ek was ook moeg gewees, want ek het so hard gewerk om asem te haal, maar dit was nie goed genoeg gewees nie.

Lees ook: Sasol and Mpumalanga government launch massive vaccination drive

Baie vroeg die volgende oggend het die narkotieseerder na my toe gekom en my verduidelik wat nou met my gaan gebeur. Uit pure vrees vir die onbekende was my reaksie teenoor haar dat sy my asseblief nie vandag hier moet laat dood gaan nie. Ter opsomming van ons gesprek was dit duidelik dat niemand my meer kan red nie. Om verder te lewe gaan nou van myself afhang. Ek moes besluit, gee op en sterf of veg om asem te kan haal.

Net voor dat ek gesedeer is bel Candice die ICU om uit te vind hoe dit met my gaan en kry ek die geleentheid om met haar te praat. Onthou dat geen besoekers toegelaat was daardie tyd nie. Haar stem het my rustig gemaak en my oë was vol trane . . .

Dit is in daardie tyd dat ek iets van Jesus ervaar het soos beskryf in die bybel, net voor hy gevange geneem was in die tuin van Getsemane, om uiteindelik gekruisig te word: Doodsangs het my oorweldig. In die hande van my Skepper het ek nou my lewe neer gelê.

Dit is gedurende my sedasie wat ek ‘n ontmoeting met my skepper gehad het, en toe ek 2 dae later uit my sedasie by gekom het, was Candice langs my bed. Dit was die mooiste gesig om te aanskou! Weens die mediese prossedures wat op my uitgevoer was, kon ek nie praat nie en ek het “gebrand” om vir haar van my visioen te vertel…my Godelike ontmoetting. Ek moes op ‘n klein wit bordjie vir haar alles skryf. Later het ek by ‘n paar geleenthede (vir meestal mediese personnel) van my visioen vertel en het ek ook begin besef dat dit mense bemoedig. En dit is juis daarom dat ek nou my storie met julle wil deel.

My visioen terwyl ek onder sedasie was is as volg:

Ek loop vanuit ‘n vallei met ‘n water stroompie verder af aan my linker kant en ‘n steilte met groterige bruin klippe aan my regter kant. Dit is asof ek uit die duisternis loop, maar tog in lig loop. Die duisternis is nie soos dit aand sou wees nie, dit is donker. Die lig is ook nie soos daglig nie, dit is net lig. Soos wat ek loop word dit dadelik donker agter my en lig om my en voor my, maar ek kan nie te vêr voor my sien nie.

Ek loop tussen gras deur. Die gras is lank, omtrent heup-hoogte, maar kielie of pla glad nie, amper asof ek dit nie kan voel nie. Die gras was die mooiste groen gewees…’n groen wat ek vandag nog sukkel om te beskryf. Die gras het ook heen-en-weer beweeg soos die wind dit waai, maar ek voel glad nie die wind nie. As ek af kyk sien ek dat ek kaalvoet is, tog voel ek nie die klippies of dorings onder my voete nie en dis amper asof ek deur die gras sweef…’n baie eienaardige gevoel.

Ek het alleen gevoel, amper soos asof ek verdwaald was…ek ken glad nie die plek nie. Die volgende oomblik voel ek dat ek nie meer alleen is nie. Oor my regter skouer sien ek iemand aangeloop kom en die volgende oomblik was die persoon langs my gewees.

Die volgende oomblik voel ek dat ek nie meer alleen is nie.

Wat my eerste opgeval het van hierdie persoon, is sy voorkoms. Hy was geklee soos ‘n Bybel-tydse soldaat. Kompleet met die leer uitrusting, borsharnas en swaard. Hy het wel nie ‘n helm gedra nie en ook nie ‘n skild nie. Sy swaard was iets besonders! Dit was ‘n buitengewone groot twee-snydende swaard en het baie geblink.

Die man het lang spierwit hare gehad wat in die wind gesweef het en die blouste oë wat sag voor gekom het. Sy gesig’s uitdrukking het egter iets anders vertel. Hy het ‘n kwaai (amper kwaad) uitdrukking gehad. Toe ek die man vra wie hy is, was sy antwoord aan my gewees: “ken jy My dan nie? Herken jy nie My stem nie?” Ek het besef dat ek nou in die teenwoordigheid is van my SKEPPER.

Ek was oorweldig gewees! Dit het vir my gevoel asof ek ‘n gesprek met Hom wou voer, maar ek kon nie woorde uit kry nie. Ek wou Hom vertel van al die baie siek mense en families wat geliefdes verloor het as gevolg van die Corona virus…dit kan mos nie van God af kom nie.

Die volgende oomblik het Hy na my toe gedraai en gesê: “Ek is nog nie klaar nie!” Dit was duidelik aan my dat HY besig was om oorlog te voer, dis hoekom Hy dan so kwaad was…het ek gereken. Hy het toe voor my uit beweeg, ook asof hy sweef tussen deur die lang gras en vir my met ‘n arm-wuif geroep en gesê: “VOLG MY“. Hy het toe oordie horison op ‘n bult verdwyn.

My volgende visioen was vir my egter meer ontstellend gewees:

Ek loop in ‘n gang, wat soos ‘n hospitaal se gang gevoel het terwyl ek kaalvoet was en ‘n hospitaal frokkie aan gehad het. Iemand was langs my gewees en hy het my tussen twee oop-swaai deure gelei in ‘n vertrek in. Die persoon langs my het ‘n wit kleed (ook amper soos ‘n hospitaal tiepe uitrusting) aan gehad en donker hare. Behalwe vir dit het ek nie veel meer opgelet nie.

Want voor my was iets wat my vandag nog tot trane dryf: Voor my was ek wat op ‘n hospitaal-tipe bed gelê het met my kop wat so half af gehang het van die die bed af en pype wat by my mond uit gesteek het. Ek was dood gewees. Terwyl ek so kyk het ek ewe skielik besf en hardop geroep dat Candice my nie so kan sien nie en het ek begin huil. Ek wou nie dood wees nie…ek kan nie dood wees nie! Die persoon by my vra my toe: “wat kies jy, lewe of sterf“. Ek kies toe om te lewe.

Die volgende oomblik word ek wakker en besef ek is nog in die ICU en Candice was langs my bed gewees. Sy het so mooi gelyk…my engel! Ek kom toe agter dat ek nie kon praat nie want daar was pype wat in my keel en in my neus was.

Candice wys my toe met trane in haar oë, haar hangertjie om haar nek. Dit was ‘n kruis en my trou-ring wat sy om haar nek gedra het. Ek kon net huil van blydskap…ek het dit gemaak! Ek lewe! Dit was twee dae later nadat ek gesedeer was en geventileer was. Ek was op die ventilator vir nog drie dae gewees en het by die dag beter geword.

In daai tyd het ek maar gekommunikeer deur op ‘n klein wit-bordjie te skryf. Ek het vir Candice op so manier van my visioen vertel terwyl ek gesedeer was. Sy het my op haar beurt vertel dat die hospitaal vir haar en vir my ouers laat kom het om my te kom groet terwyl ek gesedeer was, want ek sou dit nie deur die nag gemaak het nie.

Dit was ‘n baie emosionele oomblik gewees! Ons besef toe albei, dat my visioen ‘n Godelike ontmoeting moes wees. Ek het sedertdien my “storie” met baie mense gedeel, veral mediese personeel waar ookal ek was en agter gekom dat dit vir mense bemoedig het en hoop gegee het. Ek was net nie heeltemal seker wat, hoe en wie almal hierdie boodskap moes hoor nie.

Ons beleidenis is: Groter is Hy wat in ons is, as hy wat in die wêreld is. Daarom het ek gedurende my gesond-word proses vas gehou aan daardie hoop en nooit opgegee nie, omdat daar vir my gesê was “Ek is nie klaar nie” en “volg My”. God se genade en liefde vir ons is onbeskryflik en onmeetbaar.

Hoe wonderlik is Morné se getuienis nie? Wees reg vir jou ontmoeting met die Here sodat jy ook Covid kan oorwin. God is groot!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Morné Oosthuysen, Oorleef COVID!

- Advertisement -

Latest news

Graceland IFA Cup 2021

Graceland hosted the inaugural IFA Cup this past weekend. The word Ifa is inspired by the Zulu word for Heritage. In...

Secunda Reformed Church morning service 26 September 2021

Welcome to the Secunda Reformed Church morning service, 26 September 2021 "Repentance" by Anton Knoetze https://youtu.be/H6E-qqCO71I Luke 3:7-18 - King James Version 7 Then...

Kruik se Oggenddiens 26 September 2021

Welkom by Kruik se oggenddiens van 26 September 2021 Vanoggend se Tema: Seisoene van verandering. https://youtu.be/YWOyVjpe8RU Daar is verskillende seisoene in ons...

Diesel rebates and social media

Diesel rebates and social media: Recent posts to social media started a string of negative comments. Should there be cash...

You might also likeRELATED
Recommended to you