-

Community newsSlag van Cassinga die Moths onthou

Slag van Cassinga die Moths onthou
S

Die Moths het oud valskerm soldate uitgenooi om deel te wees van ‘n parade on die slag van Cassinga te herdenk.

4 Mei 1978, ‘n datum wat vir ewing in die gedagtes van menigte valskerm soldate inge-ets is.

Cassinga

Die geskiedskrywers is nie eens oor wat presies gebeur het nie. Sommige geskiedkundiges beskryf die slag as ‘n belangrike miletêre veldslag terwyl ander dit as ‘n slagting beskryf. Dit hang af van jou standpunt.

Daar was ‘n kort parade gehou by die Makumbura Shellhole (Moths) vir die valskermsoldate wat in ons omgewing opgespoor kon word. Die parade het as herrinering gedien vir die 4 Suid Afrikaanse soldate wat nie terug gekom het nie. Tydens die parade is die verhaal van Cassinga dan ook kortliks weer vertel.

Cassinga parade

As oudsoldaat bring ons graag ‘n kort opsomming van die gebeure daardie dag in Mei 1978 soos geskryf deur Gerhard Claassens.

In die begin van 1978 het die destydse SAW agtergekom dat daar ‘n groot samekoms en opbou van SWAPO soldate en wapentuig net noord van die Suid Wes Afrikaanse grens met Angola besig was om te gebeur.

Die Suid Afrikaanse Lugmag, 32 Batteljon en Spes magte was getaak om na die bassise to soek. Die eerste groot basis was gevind, dit was Chetequera, 30km noord van Baken 9 op die kaplyn. Kodenaam Vietnam. Dit was die groot ene.

Cassinga was per ongeluk gekry. Een foto in ‘n duisend het gewys dat daar ‘n paradegrond in die verlate myndorpie was. Geen ander foto het na die tyd weer die paradegrond gewys nie. Die sadf was opsoek na swapo basisse in die bos, nie in n dorp nie. Cassinga het teiken 2 geword, kodenaam Moscow.

Met verkenning was bepaal dat daar tussen 1500 en 3000 vyandelike troepe en 300 aanhangsels was. Kol. Jan Breytenbach (JB) het bereken dat n mag van 450 valskerm soldate genoeg sal wees vir n aanval. Om hulle te drop was maklik, maar om hulle te extract was n groot probleem. Daar was nie genoeg Choppers beskikbaar nie.

Daar was besluit op n “2 wave” extraction, en die feit dat al die chutes ook moes terug kom het die Taskforce se manne verminder na 343. Kol. Jan het die uitdaging aanvaar, maar het die saaf oorreed om hulle bom aanval bietjie meer Oemf te gee – die saaf het nie baie oorreding gekos nie, en die beplanning vir die aanval het begin.

Chetequera was nog steeds die hoof teiken. Die operasie se kodenaam was ops. Bruilof.

Die Bats was opgeroep na Letaba Ranch buite Palaborwa. Die ideale plek om n paar honderd Bats te versteek. Heropleiding het in alle erns begin en JB se leuse was : train hard, fight easy.

Toe word ops bruilof gepostpone, daar was n “security leak”. Die spioen Dieter Gerhardt was die oorsaak. – Ops Bruilof is gekanseleer.

Die spioen Dieter Gerhardt

‘n Paar weke later word die bats weer opgeroep vir ops quicksilver. ‘n Militere oefening saam Ander weermagsdele, maar die ware doel was om die regte operasie te verbloem.

Ops reindeer

Ops bruilof se planne was aangepas om Cassinga ook in te sluit as n teiken. Dit het intussen duidelik geword dat Cassinga die “main prize” was. Cassinga was ongeveer 260 km noord van die kaplyn in Angola

Die beplande aanval was 1 Mei , maar is verskuif na 4 Mei agv politiek.

Kol. Jb het die bats vertel dat die wat wou, kon maar huis toe gaan, die res sou aangaan met die kamp. Nadat ‘n klomp vertrek het is die basis by de brug afgeseel, en JB het die wat oorgebly het vertel dat hulle hulself geselekteer het vir n “combat jump” binne in Angola. Elke Parabat se droom.

Die bats het vanaf Bloemfontein na Grootfontein gevlieg waar n vooraf ingerigte hanger op hulle gewag het. Elkeen se chute was daar, gerangskik in die volgorde wat hulle sou spring. Elkeen se naam, nommer, rang, posisie in die stick, reserwe en main chute se nommer duidelik sigbaar op dit.

4 mei 1978 – 06h00 : Die Bats verlaat Grootfontein op pad na Cassinga

08h02 Suid Afrikaanse Lugmag kry die “all clear” en die vliegtuie draai na Cassinga. 4 x Canberras drop hulle bomme, gevolg deur 3x Buccaneers, gevolg deur 2 x Mirage 111CZ

Cassinga
Canberra
Bucceneer
Mirage IIICZ

08h02 tot 08h10 die Hercules en Transalls was op hulle “final low level approach”.

Hercules C130
Transall C160

Agv die rook en stof van die bomme het die loodse die drop zone gemis en die bats is n paar sekondes te laat afgegooi. ‘n Paar sekondes op die grond is meters, maar in n c-130 in die lug raak dit nogal ‘n distansie.

Swapo het omtrent die hele russiese arsenaal tot hulle beskikking gehad. Ak-47s, akm`s, sks`e, rpg-7`s, b-10 81mm recoilless rifles, ppsh submachine guns, kpv-14.5mm 4 barrel Heavy machine guns, en zpu-14.5mm aa guns. En alles was teen die Bats gebruik vanuit bunkers.

En goed bemande stellings.

Party van die Bats het in die middel van hulle teikens geland en was dadelik besig met n “firefight”. Die vyand het hulle zpu-14.5mm aa guns gebruik in n grond verdedigings rol en dit het n groot bedreiging ingehou. Dit het die Bats 2 ure gevat om die zpu`s buite werking te stel.

Lees ook: So is die Lewe: Blikskudder

Dit was na 12 die middag toe die geveg begin afneem, 2 ure na die beplande onttrekkings tyd. Die choppers het begin arriveer om die Bats op te tel.

Om 13h45 was daar berig dat die kubane vanaf Tetamuchete op pad was in ongeveer 40 voertuie insluitend 20 armoured personnel carriers en 5 x T-34 russiese tanks wat deel was van die konvooi. Die laaste Buccaneer op bystand het die konvooi aangeval en is toe terug Grootfontein toe om te herlaai en het die laaste ongeveer 170 Bats sonder lug steun gelaat.

Kapt Dries Marais was oppad na Chetequera en hoor dat die Bats sonder lugsteun is. Hy besluit om sy mission te abandon en die Bats te gaan help. 2 x Mirages en sy Buccaneer arriveer en stel die meeste van die Kubaanse aanvalsmag buite werking.

Die Mirages het toe nog net genoeg brandstof gehad om terug te vlieg. Die Buccaneer dog hy het nog 12 missiele oor en val n T-34 tank aan. Groot verassing toe hy agterkom hy het nie meer ammo nie, juis toe die Bats hom die nodigste het.

Hy het egter n skerp u-draai gemaak, en laer as boomhoogte het hy die T-34 weer van voor af genader. Met dié wat hy skaars n paar voet bo-oor die tank vlieg het die lawaai en die engine “Blast” veroorsaak dat die tank omgedraai en skuiling gaan soek het.

Op daai tydstip het die choppers opgedaag om die laaste parrabats op te laai. Die laaste chopper wat opgestyg het het n draai oor Cassinga gevlieg en Sersant Peter Manderson opgepik wat alleen en sonder enige kommunikasie was.

Die aand met “roll call” was rekenskap van al die Bats gegee, behalwe Skillie Human. Dit was later bevestig dat Skillie Human in die rivier beland het en verdrink het. Hy was n paar dae na die slag deur n plaaslike hoofman gekry, en die het hom in sy chute toegedraai en begrawe.

Bring Skillie Home

Die vyand het 800 soldate en civilians dood, 100 Kubane en nog n klomp MPL soldate. Die Bats het 12 x gewondes, 1 x vermis en 3 x dood.

Hulle wat die hoogste offer betaal het was :

  • Andries “Skillie” Human
  • Eddie Blackhouse
  • Mark Kaplan
  • JC de Waal

We will remember them

Thank you to Gerhard Claassens for the article

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Slag van Cassinga die Moths onthou

- Advertisement -

Latest news

Graceland IFA Cup 2021

Graceland hosted the inaugural IFA Cup this past weekend. The word Ifa is inspired by the Zulu word for Heritage. In...

Secunda Reformed Church morning service 26 September 2021

Welcome to the Secunda Reformed Church morning service, 26 September 2021 "Repentance" by Anton Knoetze https://youtu.be/H6E-qqCO71I Luke 3:7-18 - King James Version 7 Then...

Kruik se Oggenddiens 26 September 2021

Welkom by Kruik se oggenddiens van 26 September 2021 Vanoggend se Tema: Seisoene van verandering. https://youtu.be/YWOyVjpe8RU Daar is verskillende seisoene in ons...

Diesel rebates and social media

Diesel rebates and social media: Recent posts to social media started a string of negative comments. Should there be cash...

You might also likeRELATED
Recommended to you