-

Community newsModel vliegtuie deurkruis die lug naby Trichardt

Model vliegtuie deurkruis die lug naby Trichardt
M

Advertisements

Die Teksa Radiobeheer Model Klub het Saterdag heerlik gebraai terwyl die model vliegtuie die lug deurkruis het.

Die wind het lastig die gras rond gewaai en dwarel winde oor die aanloopbaan gemaak maar dit het nie die vlieëniers se geesdrif gedemp nie. Groot en klein was daar om bietjie te kan vlieg. Een vliegtuig het selfs naby die 200km/h merk gedraai.

Dit is ‘n belewenis om die vliegtuie in die lug te sien en die vernuf van die vlieëniers te aanskou

Radio Beheerde Model Vliegtuie by TRMC

Meer as 40 jaar gelede (in 1979) was daar al belangstelling in diè sport in hierdie area en vroeg in 1980 is daar met ‘n amptelike klub begin deur ongeveer sewe vlieëniers waarvan slegs een of twee kon vlieg en die ander moes oplei. 

Die klub was bekend as die Evander Model Vliegklub en het betreklik vinnig gegroei.  Die vliegveld was geleë op Sasol gronde naby die ou tronk van destyds, aan die Sasol kant van die spoorlyn.

Advertisements
Model
Ag hoekom wil hy nie werk nie?

Teen mid 1980 het die klub verskuif na gronde tussen Evander en Brendan Village omtrent regoor die ou Evander Vliegveld. Goeie aanloopbane, veiligheidsheinings en ‘n klubhuis was in ‘n kort tydjie gereed en ‘n “fly-in” is gereël.  Dit was ‘n reuse sukses en daar was op daardie dag byna 80 radio’s beheer by Frekwensie Kontrole! 

Lees ook: Photographers shine at first meeting for 2022

Die ou Evander Vliegveld het later in onbruik geraak en is toe aan die lede beskikbaar gestel. Lede het egter begin min raak en hiervanaf het klublede maar gevlieg waar en wanneer hulle kon, soms op ongemaklike en onveilige plekke.

model
Lekker vleisbraai

Op 11 September 1991 is daar toe ‘n stigtingsvergadering gehou om ‘n nuwe vliegklub te begin, tydens die vergadering word bestuur verkies en ‘n konstitusie is opgestel wat in beginsel ooreenstem met SAMAA Konstitusie. 

Advertisements

Daar word op ‘n amptelike naam besluit nl: Teksa Radiobeheer Model Klub. Weereens begin die rondswerf opsoek na ‘n “land van vlieg en geniet”. 

model

Daar is eers by Julius Engelbrecht op die plaas gevlieg, daarna weer op die ou Evander Vliegveld, daarna is op die plaas van Koos Kruger, net buite Trichardt gevlieg. 

Presies ‘n jaar nadat die klub ‘n vertoning op Secunda vliegveld gelewer het, is daar ‘n stukkie grond agter Graceland, beskikbaar gestel

Klein Battery aangedrewe vliegtuig

Na al die jare van rondswerf het die groep “flying fanatics” op ‘n stukkie grond in Trichardt afgekom. Vol geesdrif bou die klublede iets uit niks vir die soveelste maal.

Advertisements

‘n Pawiljoen, klubhuis, betonmuur en later “ablusie geriewe” is opgerig en klublede sien eindelik hoe hul droom ‘n werklikheid word met n teer aanloopbaan wat 19 Julie 1997 amptelik ingewei is, waar daar tot vandag toe nog gevlieg, gekuier en gebraai word, met jaarlikse fly-ins.

Pragtige Edge 540 model vliegtuig

Klublede vlieg gewoonlik naweke maar sommige vlieeniers in die week wanneer hul kans kry. Vlieg is n familie sport dus kan mans, vrouens en kinders deelneem. TRMC bied gratis vlieg-opleiding aan nuwelinge.

                                         Kontak persone:

Johan: 064 780 4036         Skip: 074 580 0550         Kenneth: 082 335 5498

Advertisements

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Model vliegtuie deurkruis die lug naby Trichardt

- Advertisement -

Latest news

Medical staff held hostage, ambulance stripped

SUSPECTS STRIPS AN AMBULANCE AND HELD MEDICAL STAFF HOSTAGE Nelspruit: 16 May 2022 - The Provincial Commissioner of the SAPS in...

Human Trafficking, Suspect remanded in custody

SUSPECT APPEARED IN COURT FOR HUMAN TRAFFICKING MPUMALANGA –A 40 years old, undocumented Mozambican appeared before the Bethal Magistrate Court today,...

Murderer sentenced to additional life imprisonment (4th life)

CONTINUOUS MURDERER SENTENCED TO 4TH LIFE IMPRISONMENT PLUS 80 YEARS FOR KILLING OLD WOMEN  MPUMALANGA – Today,16 May 2022, the Pretoria...

Kruik se Oggenddiens 15 Mei 2022

Welkom by Kruik se oggenddiens van 15 Mei 2022 Vanoggend se tema is "Die Heilige Gees, Hier en Nou." https://youtu.be/IwYkvycWhfM Die Heilige...

You might also likeRELATED
Recommended to you