-

Community newsKinders geniet Kersliggiefees in Bethal

Kinders geniet Kersliggiefees in Bethal
K

Advertisements

Kinders geniet die kersliggie fees by Marietjie van Niekerk skoolsaal terdeë.

Bethal – “Die kersliggie fees wat onlangs by Marietjie van Niekerk skool gehou was, was ‘n reuse sukses,” so sê Michelle Rademeyer, een van die organiseerders van die Kersliggie fees.

Mense het van oral in die dorp saamgedrom om hierdie fees by te woon. Sommige het sommer net gekom om vir Manie Jackson te kom luister

Die aand is afgeskop met ‘n lekker bord kos vir elkeen. Vroër is hoender gebraai vir al die mense. Daar was meer as 400 mense wat kos gekry het. Die Bulletin het met een van die braaiers gepraat, “ek voel nou soos ‘n hoender,” het hy gesê, “ek het die hele middag hoender gebraai. Eks nou moeg gebraai.”

Die weer en die toestand van die paaie het veroorsaak dat Manie effe laat was maar dit het nie die gees van enigeen gedemp nie. Dit was nie lank nie of “Cupcakes” word uitgedeel.

Advertisements

Die aand is op gepaste wyse met ‘n gebed en ‘n kort boodskap geopen waarna Manie begin sing het.

Gedurende die vertoning het die Kersvaders opgedaag en die kinders was baie opgewonde. Hulle het hulle by die parkeer terrein die optog ingewag die afwagting was hoog.

Die Bulletin het met Michelle gesêls oor die liggiefees. “Meeste van die kinders gaan nie ‘n vrolike kersfees hê nie,” het sy geantwoord, ” party van die kinders het by die fees vir die eerste keer geeët vir die dag. Die armoede is baie hoog.”

kinders

‘n Groot gedeelte van die dag is moontlik gemaak deur Midnight Engen Vulstasie in Bethal se betrokkenheid.

Advertisements
kersliggie kinders

Die fees was gratis aangebied en die organiseerders het baie staatgemaak op skenkings. Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het.

Die kinders kon nie wag om elkeen ‘n klein geskenkie te kry nie. Die gesing het vir hulle bietjie lank geword maar uiteindelik kon hulle elkeen ‘n geskenkie kry.

Lees ook: SAPS eMbalenhle needs your help!

Die ogies wat geblink het van opgewondenheid en dankbaarheid sal die Bulletin lank by bly.

Advertisements

Indien enige een betrokke wil raak by die volgende fees kan hulle Michelle Rademeyer by 0604917038 of Hennie Rademeyer 0765313587 kontak.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Kinders geniet Kersliggiefees in Bethal

- Advertisement -

Latest news

Medical staff held hostage, ambulance stripped

SUSPECTS STRIPS AN AMBULANCE AND HELD MEDICAL STAFF HOSTAGE Nelspruit: 16 May 2022 - The Provincial Commissioner of the SAPS in...

Human Trafficking, Suspect remanded in custody

SUSPECT APPEARED IN COURT FOR HUMAN TRAFFICKING MPUMALANGA –A 40 years old, undocumented Mozambican appeared before the Bethal Magistrate Court today,...

Murderer sentenced to additional life imprisonment (4th life)

CONTINUOUS MURDERER SENTENCED TO 4TH LIFE IMPRISONMENT PLUS 80 YEARS FOR KILLING OLD WOMEN  MPUMALANGA – Today,16 May 2022, the Pretoria...

Kruik se Oggenddiens 15 Mei 2022

Welkom by Kruik se oggenddiens van 15 Mei 2022 Vanoggend se tema is "Die Heilige Gees, Hier en Nou." https://youtu.be/IwYkvycWhfM Die Heilige...

You might also likeRELATED
Recommended to you