-

ColumnistSo is die Lewe: My naam is Vlekkie.

So is die Lewe: My naam is Vlekkie.
S

Geniet nog ‘n aflewering van “So is die Lewe” uit die pen van Marius Britz.

My naam is Vlekkie. Diè naam het ek gekry toe ek nog ‘n klein hondjie was, so jaar gelede. Dis omdat ek so bruin kol op my rug het. Toe my oubaas my Vlekkie noem, het die naam so mooi geklink.  So asof die verkleiningswoordjie beloftes inhou dat hy lief gaan wees vir my, mooi na my gaan kyk, dat ek hom oral sal volg, agter op sy bakkie gaan ry, selfs by hom slaap in die aand. Ek het vandat hy my gekry het, oral agter hom aangeloop.

Ek was sy skaduwee. Ek wou net heerlik rondhardloop op die erf, voëltjies jaag en al die balle vang wat hy na my toe gooi. Ek wou in die middae, wanneer die son maklik bo 40 grade begin brand, saam met hom ‘n middagslapie vang voor die waaier in sy kamer. 

Ek was ‘n baldadige, vrolike en uitbundige hondjie.  Ek het sommer uit pure lawwigheid geblaf as daar ‘n bakkie in die pad verbyry, of as die buurman in sy tuin loop.  Nie omdat ek kwaai is nie, maar omdat ek lief is vir mense, vir aandag, omdat ek baie liefde en energie het om uit te deel.

Baie van die honde wat van dieselfde ras is as ek, ry in die veld agterop hulle eienaars se bakkies.  Dan spring hulle sommer in die ry af, en hardloop sirkels deur die bosse op soek na ‘n haas om te jaag. Ons rassoort lewe voluit, vol energie en lewenslus. Ons is baie lojaal.

Toe, een dag, hardloop ek na my oubaas toe. Ek het teen hom opgespring, my stertjie geswaai, en gesmeek dat hy ‘n stok moet gooi wat ek moet gaan haal.  Hy het half teruggesteier omdat hy dit nie verwag het nie. “Hierdie hond is te blerrie stout”, het hy gesê.  Hy het my gegryp, ‘n halsband om my nek gesit en ‘n ketting van so meter lank agter in die erf aan ‘n paal vasgemaak.  Hy het die halsband aan die ketting vasgebind.

Lees ook: So is die Lewe: Daaglikse wedergeboorte van verganklikheid.

Later het hy darem ‘n ou tafel met ‘n seil oor daar neergesit dat ek kan wegkruip as die son so warm brand. Dis net so erg in die winter, as dit so koud word dat al die waterpype vries.  Dan bewe ek heel nag van die koue daar onder die tafel. Daar is darem ‘n bak met kos en ‘n bak met water wat volgemaak word as dit leeg is.  Daar is nie ‘n grasperk agter in die erf nie, net gruisklip en plaveisel.  Dit raak maar hard om heeldag op die klippers te lê. My jong lyfie is stram, en ek staan rukkerig op soos ‘n stokou hond.  Veral as die son so woedend brand.

so is die lewe
Kyk regs langs die groen gieter

My ogies het dof geword. Ek is nie meer opgewonde nie, ek kyk nie  meer op as die buurman my vriendelik roep nie.  Ek kan in elk geval nie tot by die draad loop nie, die ketting is te kort.  Ek blaf glad nie meer nie, so ek weet nie of my oubaas my eers sal hoor as daar gevaar in die nag kom nie.  Hy is ook al redelik doof. My ogies is hartseer, ek kyk nie meer rond nie, steur my nie meer aan enige iets nie.  Ek lê.  Onder die tafel of op die gruisklip. Ek lê. Ek swaai nie eens meer my stertjie as iemand my roep: “Vlekkie!” nie.

My naam is Vlekkie.   En ek wonder of my lewe altyd so droewig gaan wees.

Lees ook: The Five Freedoms for Animals

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

So is die Lewe: My naam is Vlekkie.

- Advertisement -

Latest news

Open fires and firebreaks prohibited 2021

That no person shall from Thursday, 06 May 2021 make an open fire in open air, allow it to...

Transvaal Training and Development reach out to the community

Transvaal Training and Development train Police and CPF Transvaal Training and Development reached out to the Trichardt community and trained...

Happy Mothers Day to all mothers

Happy Mothers Day from everyone here at the Bulletin to all our mothers. We hope that honouring this one day...

Kruik se Oggenddiens, 9 Mei 2021

Welkom by kruik se oggenddiens van 9 Mei 2021 Vanoggend se tema: "Wat kan ons leer my Maria se lewe?" https://youtu.be/Vts2NGRl6Vw Die...

You might also likeRELATED
Recommended to you