Hoërskool oosterland het Saterdag 19 Februarie ‘n baie suksesvolle interhoër aangebied.
Na ‘n lang breuk as ‘n gevolg van Covid het Hoërskool Oosterland die geleëntheid gehad om ‘n heerlike interhoër aan te bied.
Die weer het kort kort gedreig om vuil te speel maar het gelukking nie versleg nie. ‘N paar druppels het defenitief nie die gees gedemp nie.
Verskeie rekords het ook gespat.
Tyrone Berning het selfs 3 laat spat. Die rekord vir die seuns onder 16 Hekkies is deur Tyrone verbeter van 0:56:50 na 0:54:71. In die hoogspring het hy die rekord vanaf 1,87m na 1,90m verbeter en in die suens onder 16 400m het hy die sekord met 17 hondertstes van ‘n sekonde vanaf 0:50:30 na 0:50:13 verbeter. Dit voorwaar goeie prestasies.
“Vir die eerste x in 2 jaar was daar lekker atletiek en die atlete en die ouers het die dag geniet. Hs Ermelo het die atletiek gewen,” het Line deVries, Bemarking Hoërskool Oosterland, gesê, “Daar was nie geesbeker nie, ons moes getalle dophou binne die Covid-19 regulasies, maar aan die einde vd dag het die atlete spontaan op die veld gaan staan en almal saam gesing en dans ! Dit was wonderlik om die kinders so te sien!”
Die skole wat deelgeneem het was:
- Hoërskool Oosterland
- Hoër Volkskool Heidelberg
- Ligbron Academy of Technology
- Hoërskool Ermelo
- Hoërskool Middelburg
- Hoërskool Lydenburg
- Witbank Tegniese Hoërskool
- Hoërskool Rob Ferreira
Die skole is wyd uitgespreid maar almal was op tyd en het vroeg gereed gemaak vir die eerste item om nege.
Die dag het begin met ‘n optog deur al die skole waarna daar Skriflesing en gebed was. Die sportkode was ook gelees. Die eerste item was ‘n 3000m.
Daarna het die deelname in alle erns begin. Die veld was ‘n byenes van bedrywighede maar elkeen het sy pos behoorlik gedien en die dag het glad verloop.
Een van die hoogtepunte was die aflos deur die onderwysers.
Baie geluk aan Hoërskool Ermelo wat die dag gewen het. Ook aan Hoërskool Oosterland wat die dag aangeied het.
Dan ook natuurlik die borge, veral TWK. Sonder hulle was dit net nie moontlik nie.
Nog Fotos kan HIER besigtig word
Alle videos en fotos is met permissie geplaas.
Lees ook: Rugby at Sasol Club