fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Sunday, September 27, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    So is die Lewe: Afrika se Hartklop

    Nog ‘n “So is die lewe” rubriek vanuit die pen van Ds Marius Britz. Titel is Afrika se Hartklop

    Afrika het ‘n hartklop, ‘n eiesoortige ritme. ‘n Klop vol onverstaanbare boodskappe, meestal vir oningeligtes niksseggend. Eeue reeds is daar met tromme gekommunikeer, word daar diep in die nag boodskappe gedeel en verhale vertel. Die gedoef-doef van tromme het vertel oor geboortes, oor feesdae, oor die afsterwe van belangrike mense oor die vasteland.

    Van stat na stat, streek na streek, oor grense wyd en ver, oor die vlaktes en woude en woestyne van Afrika het sy hart geklop. Die kleintydkere wat ons by familie of vriende op plase gekuier het, was dit asof jy jou oor teen die borskas van Afrika gedruk het, veral naweke by die werkershuise.

    Rondom dansende vlamme op ‘n groot buitevuur het die dansende lywe die simbiose van mens en natuur in Afrika gedemonstreer, ‘n makabere parodie van die ineenverstrengeldheid van die skepping deur die ritmiese gedoef-doef van ‘n meesleurende ritme, ‘n opbouende crescendo wat die dekor opstel van ‘n dramatiese toneel wat nog gaan volg.

    As kind in Springs het die sporadiese tromme se ritmiese gedreun kleintyd by my vrees ingeboesem. In die mynkampongs naby aan my grootwordhuis het mans laatnag swetend om ‘n vuur hulle verlangens op die beesvelle wat gespan is oor uitgeholde, kunstig gekerfde houtstompe uitgedonder, verlange na vrouens en kinders, ouers en voorvaders wat ver op die platteland van hierdie wye en droewe land is, in primitiewe huise gebou van klei en strooi.

    Dikwels is die gedreun van mansstemme in die tongklap van inheemse tale veelstemmig gekommunikeer, herhalend en dringend. Pyn, vreugde, trots, vernedering, frustrasies, woede en ander onnoembare emosies het ritmies weergalm oor die ooglopend vreedsame slapende voorstede van die Oos Rand, die myne in Johannesburg en Kimberley, die platteland, die Kaapse vlakte, oor die wye uitgestrektheid van die kontinent.

    LEES OOK: So is die Lewe: Versorgingsoord

    ‘n Ewigheid wat oor Afrika kom lê het, en sporadies sy kop opgelig het om te wys dat hy nog lèèf, nog niks van sy teenwoordigheid verloor het nie. Afrika se dromme het later dreigend geraak, gemoedere is opgesweep, angswekkende boodskappe is gekommunikeer, wat vir nie-Afrikane dikwels onverstaanbaar was. Die winde van verandering, waaroor die Britse premier Harold Macmillan op 3 Februarie 1960 die Suid Afrikaanse parlement in Kaapstad gewaarsku het, het oor die vasteland begin waai.

    Dit is gesien in Kenia, die Kongo, later Mosambiek, Angola, Uganda, Angola, in vele ander lande. Uhuru het ‘n kreet geword wat die gesig van Afrika woedend laat frons het. Afrika is nie ‘n plek vir lafhartiges nie, hy verslind diè wat nie in hom hoort nie, wat nie sterk genoeg is om hier te oorleef nie.

    Afrika se hartklop het ook ander klanke gehad. Oor die senders van LM-Radio het ek kleintyd op ‘n selfgeboude kristalradio die koloniale stem van Afrika gehoor. Amaliá Rodrigues se Fado Português het laatnag ook ‘n ánder storie van Afrika vertel, van die Portuguese matrose, staatsamptenare en ambagsmanne wat in Mosambiek en Angola kom werk het, en dan verlief geraak het op die plaaslike meisies, en kinders by hulle gehad het.

    Wanneer die manne weer terugkeer Portugal toe, staan die vrouens op die kaai, kinders aan die hand, en stort hulle harte uit in hierdie musiek gevul met heimwee en rou seer.

    Afrika se hartklop was ook in die klank van Elvis, die Beatles, Jim Reeves en Percy Como.

    Afrika se hart het geklop in die nostalgiese konsertinaklanke van die Soutpansbergsetees, van die Ou Waenhuisvastrap en die Lief Anna-polka. Afrika het vars uit Koos Doep en Anton Goosen se monde gekom oor Pretoria en Stellenbosch, luidkeels geprotesteer saam met Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde blues band met Ou ou Lied van Afrika en met Koos Kombuis en sy F@k$l song, Bernoldus Niemand met Hou my vas Korporaal.

    Afrika het saamgesing met Margaret Singana, Amampondo, Kabelo Mabalane, Sibongile Khumalo en Johnny Clegg. Afrika het gesing saam met Kurt Darren en Lance James. Afrika het geril van trots met Enoch Sontonga se Nkosi sikelel’ iAfrika en Langenhoven se Die stem van Suid Afrika. Afrika het gesmeek: “Give me hope, Johanna.”

    Watter klopgeluide maak Afrika se hart vandag? Sê dit dalk” “What is in this job for me?” Bestaan Afrikawysheid uit “Be wise, sanitize?” “Be wise, condomise?” Sluit Afrika se hartklop huidig taal in soos “Give me your money and your cellphone?” Sing die hart van Afrika “Black lives matter” en “One settler one bullet?”, Sing Afrika steeds “En hoor jy die magtige dreuning?” Klink Afrikagestotter soos die gekletter van ‘n AK47?

    Afrika se hartklop het verander. Steeds is daar die dreigende ondertone van die vorige eeu. Daar is nog steeds diepliggende frustrasies, uiterste armoede en onregte en vermeende onregte. Daar is steeds leuens en feite in die hartklop.

    Maar Afrika praat ook in ander tale deesdae. Die oorverdowende gedoef-doef van die kwaitomusiek in die oorvol taxi wat oor die rooi robot ry. Die Afrikaanse rymelary by die braaivleisvure in suburbia, waar mense op die hartklop van Op-op-op-en-af-af-af stuitige dansbewegings maak, die ylstemmige mannetjie wat sing van sy rooirokbokkie saam met wie hy heel aand wil sokkie agter op sy trokkie, en daarkom‘nhaaihylaaikmykwaaiskarumba diepsinnige ballade, die ek-haauw-van-jaauw-wil-jhaai-met-mhaai-traauw peleton.

    Afrika se hartklop is hoorbaar is die ghettoblasters, by die Pakistani se winkel, slegs kontant betaalbaar, gekoop waar Swanepoel-meubileerders eens was, dit is hoorbaar in die oorfone wat by die Pepstore-selfoon ingeprop is, en blienkeblienkeblienke geluide maak.

    Afrika se hartklop is hoorbaar in die opgezoepte Golf met sy gedropte suspensie en blink mêgs en sy klanksisteem wat meer werd is as die kar self en stadig in die vervalle hoofstraat van vervalle plattelandse dorpies afry. “Kedoefkedoefkedoef,” sê Afrika. En hierdie hartklop is ongelukkig meestal totaal onreëlmatig, die kloppe van sy hart ligjare van mekaar. Hóór jy die drome van Afrika?

    READ Faluke’s African Skies here

    Can you hear the sound of drums

    of footsteps fleeing

    of scrambling feet,

    falling over, hitting the ground with spasmodic turns of speed.

    Can you hear the tempo of running, of fear,

    the drumming feet, a backdrop to the screams of departing life?

    Can you hear them outside your door?

    Pounding on your window, begging to be let in,

    Away from the pestilence that devours, bone, flesh and blood?

    Can you hear the sound of drums?

    Can you hear the drums of war?

    Drumming triggered by the words of your hate,

    Drums beaten by the staccato of your vitriol,

    Veins bulging, spit spewing anger

    Vile, suffocating hate

    that hits the skin of indifference.

    ‘Not my problem’

    ‘Not my headache’

    ‘Not my war.’

    Can you hear the sound of drums?

    The drumming of a heart that beats with the same rhythm as yours?

    Covered with muscles and blood and flesh

    So very much like yours.

    But it is the skin

    Which is darker than yours

    or lighter than yours

    From a different place to yours

    More feminine than yours

    More masculine than yours

    The resonance of a heart that believes a different thing from yours.

    So different that you cannot hear the sound of drums,

    Will not hear the sound of drums,

    till the drumming stops. . .

    Please listen,

    Let go of your hate, let go of your anger,

    We all need to hear the sound of drums

    Foluke’s African Skies.

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    So is die Lewe: Afrika se Hartklop