fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Tuesday, August 4, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Verkeer of skool, Marietha Cole hanteer albei met gemak.

    As mens in die oggende by Laerskool Secunda verby ry begroet ‘n vreemde gesig jou. Vreemd miskien vir ander, maar nie vir Laerskool Secunda nie.

    Mev Marietha Cole, Hoof van Laerskool Secunda, staan in die middel van die pad en reguleer die verkeer!

    Die Bulletin het met haar gepraat om meer uit te vind oor hoe sy as verkeersreguleerder verander het.

    In gesprek met Marietha Cole, Hoof van Laerskool Secunda

    Vroegoggend verander die straat in ‘n eenrigting en ongeveer 800 kinders moet so gou moontlik in die skool inkom.

    Die een persoon wat seker maak dat daar nie ‘n verkeersknoop is nie is Marietha. Sy is al 7 uur op haar pos en reguleer die motors en kinders met ‘n gemak wat nie altyd by almal bespeur is nie.

    LEES OOK: Laerskool Secunda graad R, graad 1 en graad 3- leerlinge is terug by skool

    Die warboel van motors, ouers en kinders verander vinnig in ‘n georganiseerde beweging onder die bekwame hand van Marietha.

    “Ek het twee dae verkluim,” Lag Marietha, “toe trek ek sommer baie lae klere aan. Sommer twee pare handskoene ook.”

    Dit is opmerklik dat die ouers geduldig hulle beurt afwag voor die skool. Die kinders het ook vinnig geleer van sosiale afstand en wag dan geduldig hulle beurt af voor die skool om deur die personeel geskandeer te word en vinnige vrae te antwoord. Daar is ook nog tyd vir ‘n vinnige “hoe gaan dit!”

    En tussen dit alles is daar een persoon wat uitstaan, wat deur die warboel ‘n wakende oog op alles hou. Mev Cole!

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Verkeer of skool, Marietha Cole hanteer albei met gemak.