Monday, January 20, 2025

Laerskool Secunda presteer in dans en stoei

Bookmark
Bookmarked

Laerskool Secunda se danssport leerders het die naweek van 24 en 25 September deelgeneem aan die IPT’s.

“Ons is trots daarop om te sê dat al die leerders wat deelgeneem het opgeneem is in die Mpumalangaspan,” het Paul van den Berg, Verhoudings en Reklamebestuurder by Laerskool Secunda aan die Bulletin gesê.

Die volgende leerders is opgeneem in die Mpumalangaspan:

laerskool Secunda
qrf

Miané Beelders, Leja Viljoen, Laikyn Boyce, Anli Coetzer, Zeldine Coetzee , Cherinique Grobler en Mielan Prinsloo.

Baie geluk dan ook aan al die dansers wat in verskeie dansstyle plekke in die top 6 behaal het.

Top 6 plekke:

Miané Beelders

  • Rhythm and movement-tweede plek
  • Street Hip-Hop: derde plek

Leja Viljoen

  • Rhythm and movement-derde plek

Laikyn Boyce

  • Rhythm and movement-eerste plek

Mielan Prinsloo

  • Rhythm and movement-derde plek
  • Street Hip-Hop: vyfde plek
  • Performing Arts-derde plek
  • Solo Latin-vyfde plek

Also read: Heritage Day celebrated by SADFA

Stoei – Noord-Gauteng Johnnie Reitz-ope 2021

Brüssow Francke het die afgelope naweek sy skitterende form voortgesit met ‘n eerste plek in die vrystyl afdeling. Die byeenkoms het in Pretoria plaasgevind.

Laerskool Secunda
Brüssow Francke

Baie geluk aan Brüssow Francke wat opgeneem is in die Mpumalanga stoeispan!” het Paul gesê, “Brüssow gaan aan die SA’s deelneem wat plaasvind vanaf 6 tot 9 Oktober 2021 by die Universiteit van Pretoria in Pretoria.”