Monday, October 7, 2024

Kruinpark 1ste tennisspan 2022 liga wenners

Bookmark
Bookmarked

DIE 1STE SEUNS TENNISSPAN VAN LAERSKOOL KRUINPARK IS DIE LIGA WENNERS VAN 2022

Dit is ‘n goeie seisoen vir Laerskool Kruinpark se 1ste seuns tennisspan!

Die 1ste Seuns Tennisspan het die liga afgeskop met ‘n wedstryd die 25ste Julie teen Laerskool Trichardt. 

Die 29ste Julie het die seuns liga wedstryde gespeel teen Laerskool Hoëveld.  1 Augustus was dit Curro Secunda se beurt om die stryd aan te sê en daarna het die 1ste Seuns Tennisspan teen HM Swart gespeel die 15de Augustus.

Die liga finaal het die 24ste Augustus op Laerskool Kruinpark se tennisbane plaasgevind, waar die 1ste Seuns Tennisspan teen Laerskool Secunda gespeel het en as wenners aangewys is vir die liga.

Al die seuns se ouers is ook getroue ondersteuners en is dit wonderlik om te weet dat die seuns ondersteuning langs die baan met elke wedstryd gehad het.

Baie geluk aan Laerskool Secunda en Laerskool Trichardt wat liga naaswenners is.  Die skole wat almal gaan deelneem aan die Gert Sibande liga is Laerskool Kruinpark, Laerskool Piet Retief, Laerskool Secunda, Laerskool JJ van der Merwe, Laerskool HM Swart en Laerskool Trichardt.

Daar was ‘n hele paar tawwe wedstryde en kan Gert Sibande distrik spog met sterk tennisspelers.

Die 1ste Seuns Tennisspan se volgende wedstryde wat voorlê is vir die Gert Sibande titel.  Die semi-finale vind op die 29ste Augustus plaas waarna die Gert Sibande finale die 5de September sal plaasvind.

Nie net het die seuns aan die liga deelgeneem nie, hulle het terselfterd ook aan die Rising Star kompetisie deelgeneem waar hulle 5de in die provinsie geëindig het.  Dit was ‘n ongelooflike ervaring vir die seuns. Die Rising Star provinsiale uitspele het die 20ste Augustus plaasgevind.

Een van die seuns in die 1ste Seuns Tennisspan, Imke van der Lith, neem die naweek van die 27ste Augustus aan die Interdistrik Tennis Toernooi deel, waar hy as Hoëveld se nommer 2 gaan speel.

Imke van der Lith neem deel aan Interdistrik Tennis Toernooi.

Alle sterkte vir die skole se tennisspanne in die Gert Sibande liga!

Lees meer hier oor vorige Laerskool Kruinpark nuus.

U kan ook Laerskool Kruinpark se aktiwiteite en spogfoto’s op hulle FB Blad sien deur HIER te kliek.