Share FacebookTwitterPinterestWhatsAppEmailPrintTelegramCopy URL Laerskool Secunda se skitterende uitslae By Ane Prinsloo February 25, 2020 The BulletinThe Bulletin Community News BookmarkBookmarked 0Comments De Wet du Plessis hardloop angstig vir die wenstreep tydens die seuns 0/7 naloop by Laerskool Oranjegloed se Vriendskaplike Atletiekbyeenkoms op 22 Februarie. Laerskool Oranjegloed het op Saterdag, 22 Februarie ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms aangebied. Vier skole het deelgeneem aan hierdie byeenkoms naamlik Laerskool Secunda, Laerskool Oranjegloed, Laerskool Ermelo asook Laerskool Hoëveld. LNR: Ruben Meister (0/12) en Matshidiso Makgato (0/13) van Laerskool Secunda het die volgende toekennings ontvang: Ruben is aangewys as die beste seunsatleet van die dag. Matshidiso het die trofee ontvang vir die senior victrix ludorum en die beste dogtersatleet. Sy is ook aangewys as die “Champ of Champs”. Laerskool Secunda het hul redenaars seisoen afgeskop met ‘n Interne Redenaars Kompetisie wat op Vrydag, 20 Februarie in hul skoolsaal plaasgevind het. Sowat 25 leerlinge het toesprake gelewer en die top 3 uit elke graad was aangewys. Voor links na regs: Ilany van der Merwe (3de), Kaysey Harrison (3de), Alandri Bezuidenhout (1ste) ,Mieke Jones (2de), Kara Janse van Rensburg (1ste), Mianei van Heerden (1ste), Louan Hattingh (2de), Anna-Lynne van Heerden (2de) Agter links na regs: Cherinique Grobler (2de), Gustav Botha (2de), Matshidiso Makgato (1ste), Mielan Prinsloo(1ste), Zander Ferreira (1ste), Mika Janse van Rensburg (2de), Leilani Kruger (3de), Chezelle Brand (3de), Natalie Brink (1ste) Anika Storm van Laerskool Secunda het die afgelope naweek aan ‘n plaaslike Taekwondo kompetisie in Secunda deelgeneem waar sy vier goue medaljes verwerf het. 1428 Ane Prinsloo Previous articleHoërskool Secunda se Graad 11-finaliste vir Mej. Sprankel en Mnr. SjarmantNext articleTP Stratten athletes excel