Monday, January 6, 2025

LAERSKOOL KRUINPARK TOP PRESTEERDERS BY SALA 2021

Bookmark
Bookmarked

Hierdie jaar was daar 4 Laerskool Kruinpark leerders wat deelgeneem het aan SALA en al 4 het onder die top 5 nasionaal geeïndig.

Die Suid-Afrikaanse Geletterdheid Assosiasie is ‘n kompetisie vir alle leerders van graad 1 tot 12 regoor Suid-Afrika. Alle leerders in openbare skole, privaatskole en tuisonderrigsentrums mag deelneem aan die verskillende kompetisies wat onder die SALA-vaandel gehou word.

SALA het in 2013 as ‘n klein kompetisie in Mpumalanga begin en het deur die jare gegroei tot ‘n kompetisie wat regoor Suid-Afrika aangebied word. Daar is redenaars, leesfeeste, spelkompetisies en kreatiewe skryfkompetisies. Baie van die kompetisies is in Engels of Afrikaans beskikbaar.

SALA het drie rondes gehad waaraan die leerders deelgeneem het en deurgedring het na die volgende ronde. Die eerste rondte was 5 Mei 2021. Daarna was dit die Mpumalanga Semi-finaal ronde van 20 Augustus 2021 en dan Nasionale finaal wat 22 Oktober plaasgevind het.

Leerders van reg oor die land het aan SALA deelgeneem. Dit was vanjaar aanlyn gewees waar die leerders met elke ronde ‘n video moes instuur.

Die Kruinpark deelnemers vir 2021 was Sebastian Botha, Aiden Olckers, Lianke Obermeyer en Alexander Botha.

Kruinpark SALA Deelnemers
Kruinpark SALA deelnemers vir 2021: van links na regs: Lianké Obermeyer, Aiden Olckers, Sebastian Botha, Alexander Botha

Lianke Obermeyer

Lianke Obermeyer het in Mei aan die eerste ronde van SALA deelgeneem. Sy het deurgedring met al 3 items haar items waarvoor sy ingeskryf het na die Semi-Finaal; English Reading, Afrikaans Lees en English Public Speaking. In die volgende ronde sy met Afrikaans Lees en English Public Speaking deurgedring na die finale ronde wat plaasgevind het in Oktober 2021. Sy eindig Nasionaal 2de vir Afrikaans Lees en 3de vir English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 4 afdeling.

Kruinpark Lianke Obermeyer
Lianke Obermeyer eindig Nasionaal 2de vir Afrikaans Lees en 3de vir English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 4 afdeling.

Aiden Olckers

Aiden Olckers het in Mei aan die eerste ronde van SALA deelgeneem. Hy het deurgedring met ‘Public Speaking first Additional language’ na die Semi-Finaal. In die volgende ronde het hy met ‘n A++ deurgedring na die finale ronde wat plaasgevind het in Oktober 2021. Hy eindig Nasionaal 2de English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 4 afdeling.

Kruinpark Aiden Olckers
Aiden Olckers eindig Nasionaal 2de English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 4 afdeling.

Alexander Botha

Alexander Botha het in Mei aan die eerste ronde van SALA deelgeneem. Hy het deurgedring met ‘Public Speaking first Additional language’ na die Semi-Finaal. In die volgende ronde het hy met ‘n A+ deurgedring na die finale ronde wat plaasgevind het in Oktober 2021. Hy eindig Nasionaal 4de English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 4 afdeling.

Kruinpark Alexander Botha
Alexander Botha eindig Nasionaal 4de English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 4 afdeling.

Sebastian Botha

Sebastian Botha het in Mei aan die eerste ronde van SALA deelgeneem. Hy het deurgedring met ‘Public Speaking first Additional language’ na die Semi-Finaal. In die volgende ronde het hy met ‘n A deurgedring na die finale ronde wat plaasgevind het in Oktober 2021. Hy eindig Nasionaal 2de English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 2 afdeling.

Kruinpark Sebastian Botha
Sebastian Botha eindig Nasionaal 2de English Public Speaking (Additional language), onder die Graad 2 afdeling.

Laerskool Kruinpark bedank die leerders se ouers, vir hulle ondersteuning reg deur die jaar teenoor hulle kinders, vir al die harde voorbereiding, opnames opneem totdat dit reg was en dat hulle tot op die einde deurgedruk het vir die pragtige prestasies!

Hierdie 4 leerders het ook aan die ATKV Redenaars deelgeneem gedurende 2021 en pragtig presteer. Kliek hier om meer te lees oor die 34 Radikale Redenaars wat deurgedring het na die Streeksfinaal.

Om meer nuus en gebeurtenisse te sien wat by Laerskool Kruinpark gebeur, gaan besoek gerus hul FB Blad, deur hier te kliek. Laerskool Kruinpark Amptelik.

“Laerskool Kruinpark is baie trots daarop dat ons leerders vanaf Graad R reeds aan verskeie Kultuur aktiwiteite en kompetisies blootgestel word en aan kan deelneem,” Het Anita de Beer, Bemarking Laerskool Kruinpark gesê, “Deur gebalanseerd tussen akademie, kultuur en sport aktwiteite deel te neem, het elke leerder ‘n totaliteitsopvoeding wat ‘n laerskoolkind op alle tereine kan groei en ontwikkel.”