-

SchoolsKatelyn Shaw wen brons in internationale kompetisie

Katelyn Shaw wen brons in internationale kompetisie
K

Katelyn het onlangs deelgeneem aan die Performing Arts International Stars 2021 se redenaars kompetisie.

Haar redenaars reis het begin toe sy in 2020 aan die Podiumpret kompetisie deelgeneem het en verskeie items se nasionale wennner vir haar graad was.

Katelyn was een van 11 Podiumpret deelnemers, wat gekwalifiseer het om deel te wees van Team SA. Daar was slegs twee laerskool deelnemers in die SA span.

kompetisie
Katelyn Shaw

Die kompetisie het aanlyn plaasgevind, waartydens verteenwoordigers uit 26 lande, onder andere die VSA, teen mekaar deelgeneem het.  Katelyn het haar praatjie in Afrikaans gedoen en moes toe ‘n Engelse vertaling van die toespraak indien.

Lees ook: So is die lewe: Tyd vir stilte in hart van stormwind

Katelyn het tydens die kompetisie, met ‘n brons medalje weggestap – voorwaar ‘n reuse prestasie!  Katelyn sê sy het nooit gedink dat sy, toe sy haar eerste opname tydens 2020 se grendeltyd gemaak het, hierdie wonderlike ervaring sou hê nie.

Laerskool Kruinpark is baie trots op hierdie pragtige prestasie van Katelyn Shaw, ‘n Kruinpark Kekkelkous in murg en been!

Besoek Laerskool Kruinpark se webblad HIER

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Katelyn Shaw wen brons in internationale kompetisie

- Advertisement -

Latest news

SAVF Silverjare reports favourably at AGM

The SAVF Silverjare old aged home in Bethal held its AGM on Friday 23 September 2021. The Annual General Meeting...

Graceland IFA Cup 2021

Graceland hosted the inaugural IFA Cup this past weekend. The word Ifa is inspired by the Zulu word for Heritage. In...

Secunda Reformed Church morning service 26 September 2021

Welcome to the Secunda Reformed Church morning service, 26 September 2021 "Repentance" by Anton Knoetze https://youtu.be/H6E-qqCO71I Luke 3:7-18 - King James Version 7 Then...

Kruik se Oggenddiens 26 September 2021

Welkom by Kruik se oggenddiens van 26 September 2021 Vanoggend se Tema: Seisoene van verandering. https://youtu.be/YWOyVjpe8RU Daar is verskillende seisoene in ons...

You might also likeRELATED
Recommended to you