-

Community news Hoërskool Secunda sport prestasies

Hoërskool Secunda sport prestasies
H

HOëRSKOOL SECUNDA VAAR WONDERLIK TEEN HOëRSKOOL WONDERBOOM

Hoërskool Secunda het wonderlik teen Hoërskool Wonderboom in hul wintersportwedstryde gevaar. Die wedstryde is op 14 Maart op Hoërskool Secunda se tuisveld beslis.

Die rugby het al hul wedstryde teen Wonderboom gewen.

0/14B wen 43 – 12

0/14 A wen 56 – 0

0/15 B wen 72 – 0

0/15 A wen 47 -5

0/16 B wen 41 -0

0/16 A wen 7 – 3

2des wen 15 – 0

Die eerstespan wen 52 -13

Die hokkie het ook al hul wedstryde gewen:

0/14 wen 8 – 0

0/15 wen 8 – 0

2des wen 4-0

Die eerstespan wen 3 – 0

Netbal:

0/14A wen 30 – 11

0/14B wen 35 -3

0/14C wen 22 -3

0/15A wen 31 -5

0/15B wen 25 -8

0/15C wen 35 -5

0/16A wen 27 – 20

0/16B speel gelykop 11 elk

0/16C verloor 3 – 23

Die eerstespan wen 35 -14

MTB-leerlinge van Hoërskool Secunda woon vaardigheidskursus by Mankele

Op Donderdag, 12 Maart tot Sondag,15 Maart het 22 van Hoërskool Secunda se MTB-leerlinge ‘n MTB-vaardigheidskurus te Mankele bygewoon.

 Die kursus se doel was onder andere om die fietsryers se vaardighede vir die komende Spur-reeks te slyp.

Die vaardigheidskursus was darem nie net harde werk nie – daar was baie tyd vir pret in die water en modder ook.

Baie dankie aan Me. Marie du Rand, organiseerder van MTB-fietsry vir al haar reëlings. Ook aan Me. Elmee Rappard en Me. Chrizanè Venter wat die geleentheid saam met die leerders meegemaak het.  

Eerste Solo danskompetisie van die jaar was ‘n sukses

Die eerste Solo danskompetisie van die jaar is op Vrydag, 13 Maart by Hoërskool Secunda aangebied. Dans word as skolesport beoefen.

Op inisiatief van Mev. Lizel van Staden, het Hoërskool Secunda vanjaar vir die eerste keer ook begin om Dans as skolesport af te rig en aan kompetisies deel te neem. Die ander afrigters is Mev. Elè van den Berg en Mnr. Johan de Witt.

Die dansers van drie skole en beide dansstudio’s in Secunda het aan die kompetisie deelgeneem. 64 leerders van Hoërskool Secunda het aan die kompetisie deelgeneem.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Hoërskool Secunda sport prestasies

- Advertisement -

Latest news

Obey the road rules this Festive Season!

Motorists urged to obey road rules this Festive Season Following the launch of...

300km walk to improve housing for others

ANOTHER 300KM WALK FROM EMBALENHLE TO NELSPRUIT  Sibosiso Hlolweni has a heart for...

Afriforum skenk skoonmakmiddels

Tehuise en kerke in Morgenzon ontvang skoonmaakmiddels vanaf Afriforum AfriForum se Bethal-tak het...

So is die Lewe: Karretjiemense

Nog 'n "So is die lewe" rubriek vanuit die pen van Ds Marius Britz. Titel is...

You might also likeRELATED
Recommended to you