Thursday, December 19, 2024

Hoërskool Oosterland se Krummels lui klok

Bookmark
Bookmarked

Hoërskool Oosterland het die jaar afgeskop deur hulle Gr 8 leerlinge, of Krummels, op 23 Januarie die klok te laat lui. Dié tradisie is in 2018 begin.
“Hulle het die geleentheid gehad om die klok in die skool se voortuin te lui en te wys dat hulle amptelik in Oosterland instap en hier is om te bly vir die volgende 5 jaar,” het Liné de Vries, bemarkingsbeampte van die skool gesê.
Die Krummels het ook hul Krummeldrag gedra en sal dié klok weer lui in 2025 as hulle amptelik as matrikulante uitstap.
“Dit was ‘n heerlike aand wat begin het met ons tradisionele snoekbraai en amptelike Gr 8 verwelkoming aan ouers en Krummels,” het Liné gesê.