Sunday, January 19, 2025

Goedehoop Manne aand goed verloop

Bookmark
Bookmarked

Die jaarlikse Goedehoop Manne Aand het soos gewoonlik goed afgeloop.

Goedehoop manne aande is bekend vir die sukses wat behaal word met die vondsinsamelings vir die skool.

Die reëlings wat Tjorrie Kruger en sy span maak werp altyd baie vrugte af.

Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Die reelings is gemaak maar COVID-19 het sy eie stempel afgedruk. Uiteindelik is die vure by Tjorrie se stoor by Greenfields aangesteek.

Vrydag 16 Oktober was weer een van daai aande wat seker lank onthou sal word. Meestal vir die goeie dinge en die lekker aand maar daar sal ook seker een of twee wees wat sal wonder of hy rêrig daai aandenking moes koop.

Maar met Andries Vermeulen aan die stuur het jy seker nie vreeslik ‘n keuse nie. Dit gaan tog immers vir ‘n goeie doel.

“Die gemeenskap van Secunda is mos anders,” het Tjorrie aan die Bulletin gesê, “Ons ploeg graag terug in ons gemeenskap in.”

Goedehoop manne aand 16 Oktober
Andries Vermeulen en Jo Black
Foto: Petrus Saayman

“Daar is 30 kinders in Goedehoop wat regtig hulp nodig het en ons gaan bietjie daar help,” het Tjorrie gesê, “Daar is ook ‘n oudleerling van goedehoop wat ons wil help, hy is tans op hoërskool en was onlangs in ‘n ernstige motor ongeluk.”

Goedehoop manne aand
Tjorrie Kruger en Jo Black met die kitaar wat die beheerliggaam aan Jo geskenk het.
Foto: Petrus Saayman

“Die res van die fondse sal vir die skool aangewend word om hulle gronde te vergroot.”

Saartjie, die welbekende sang groep, het die aand geopen terwyl die manne by die vure gestaan het. Kort voorlank het Andries Vermeulen die groep nader geroep en sommer dadelik hulle sakke en beursies getoets.

Met die eerste ronde was die bal aan die rol gesit en gou gou was daar reeds R25000 ingesamel. Die veiling het natuurlik baie vlot verloop en die manne was glad nie skaam om teen mekaar te bie nie.

Andries het natuurlik sy huiswerk goed gedoen en ‘n paar manne name gegee, of dit by hulle gepas het was nie eers ter sprake nie, en name soos die Konstruksie Baron of die Skelm Prokereur en ook die man wat die Karoo onderdak kan sit met sy gebou op die heuwel, het rondgevlieg.

Die Bulletin sal nie die name openbaar maak nie om hulle identiteite te beskerm.

Jo Black het die manne vermaak met sy musiek en almal kon die aand verder geniet. Saarkie het weer die aand met lekker ritmes afgelsuit.

Die aand is finaal tot ‘n einde gebring met ‘n vuurwerk vertoning wat die hele Greenfields verlig het.

Besoek PS Photograhy hier

Die fondse wat ge-in was het so by die half miljoen gedraai en Laerskool Goedehoop gaan verseker tevrede wees met die verrigtinge.

Lees ook: Laerskool Goedehoop, Wat maak ons anders?