Sunday, January 19, 2025

Con Spirito Kunstefees, Hoërskool Secunda blink uit tydens fees.

Bookmark
Bookmarked

Verskeie leersders het deelgeneem aan die Con Spirito Kunstefees.

Cabous Harmse dring deur na Con Spirito Nasionale Finaal

Cabous Harmse het aanlyn aan die Con Spirito se English Undramatised Poetry afdeling deelgeneem. Hy vewerf  98% (A+++) vir sy uitstekende vertolking en dring deur na die Con Spirito Forte Nasionaal.

con spirito kunstefees deelnemer
Cabous Harmse dring deur na Con Spirito Nasionale Finaal

Chana Dunn presteer puik in Kultuuraktiwiteite

Chana Dunn, ‘n graad 10 -leerder van Hoërskool Secunda, het haar talente ten volle uitgeleef en in meer as een kultuurkompetisie presteer.

In die Con Spirito Kunstefees neem sy deel aan Redenaars Afrikaans Moedertaal en verwerf ‘n A++. Vir haar deelname aan die Engelse redenaars afdeling, verwerf syook ‘n A++ en dring deur na die nasionale Forte rondte.

LEES OOK: Gabriëlla van Hoërskool Secunda, blink uit in Con Spirito Kunstefees

In die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod behaal sy 95,3%vir haar Afrikaanse Redenaars deelname en dring deur na die “Showcase” rondte. Sy het ook aan die Voorbereide Engelse Lees afdeling deelgeneem en 95,9% behaal wat haar dan ook na die “Showcase” laat deurdring.

Ook in Radikale Redenaars dring sy in die volgende afdelings na die Nasionale finaal deur: Afrikaans Moedertaal, English Additional Language, Lees Afrikaans Poësie, English Reading Prose en  Reading Poetry. 

Chana Dunn presteer puik in Kultuuraktiwiteite

Lianè en Inneke Welgemoed presteer puik in Con Spirito Kunstefees

Lianè Welgemoed, ‘n matrikulant van Hoërskool Secunda, het tydens die aanlyn Con Spirito Kunstefees aan Vokaal Engels Ligte musiek (86% A+) en Vokaal Engels Popmusiek (88% A+) deelgeneem. Sy dring met die popmusiek afdeling deur na die Nasionale Fortè rondte.

Inneke Welgemoed, Gr. 8 -leerder van Hoërskool Secunda, het aan die Instrumentale afdeling Klavier deelgeneem. Sy behaal 83% in die afdeling Romantiese musiek, Klassieke musiek (85%).

Sy het ook aan die Vokale afdeling aan English Light Music deelgeneem (88%) en English Pop (87%).

LEES OOK: Uitsonderlike prestasie met plaaslike talent