Lente is hier en Afriforum is besig om terug te gee aan die gemeenskap deur Boomplant dag in skole te bevorder.
LEES OOK: Same, same but Safer at the 1 and only Moove Motion Fitness!
“Ons ploeg terug in die gemeenskap wat ons kry van die gemeenskap,” sê Jan du Plessis, Afriforum voorsitter.
As deel van hulle Boomplant Week-projek het AfriForum TEKS-tak twee bome aan Laerskool Secunda geskenk.
LEES OOK: AFRIFORUM’S SUSTAINABLE PROJECTS HELP BETHAL
Die hoofleiers, Anemé Breytenbach (links) en Alonzo Blankenberg (regs) het vir Jan du Plessis (Afriforum voorsitter) gehelp om die bome op die skoolterrein te plant.

AfriForum vier jaarliks hierdie boomplant-inisiatief waartydens hulle verskeie skole in die gemeenskap betrek.