Thursday, May 2, 2024

Boeties laat die lopies reën!

Bookmark
Bookmarked

Pieter en Johan Viljoen is twee krieketspelers om dop te hou.

Hoërskool Hoogenhout spog met twee uitblinker krieketspelers.

Pieter is in Graad 10 en speel vir die Eerstespan.
Hy het tot dusver in 2023 in 12 wedstryde 1000 lopies aangeteken.
Dit sluit ‘ n dubbele honderdtal ( nie uit nie) in teen HTS Witbank asook hondertalle teen HTS Middelburg, Fichardtpark en Transvalia. Pieter was ook nie met een van hierdie beurte uit nie.
Verder spog hy ook met vyftigtalle teen Ligbron, Secunda, Middelburg en Cambridge.

Sy kolfgemiddeld?
‘n Ongelooflike 166.66!

Kleinboet Johan is in graad 8. Hy het self ‘n skitterende gemiddeld van 48.88 en het reeds 391 lopies aangeteken in 11 wedstryde.
Dit sluit in 154(nie uit nie) teen Secunda B, 60 teen Rustenburg en 75 ( nie uit nie) vs John Vorster.

Johan was ook lid van die Hoogies se O/14- rugbyspan wat vanjaar die Noordvaal kompetisie gewen het.

Pieter en Johan, baie geluk met uitsonderlike prestasies.