Tuesday, April 16, 2024

Tannie Poppie se Weeksaand Kweperhoender met amandels en komyn

Bookmark
Bookmarked

1 groot kweper of 2 kleineres
1 suurlemoen, gehalveer (rasper eers die skil af en behou)
50 g botter met 15 ml olie Plus 50g botter
1 hoender in stukke opgesny of ‘n pak dye en boudjies
1 groot ui fyngekap
60 g amandels (met skil aan, nie vooraf gerooster en gesout nie)
1 kaneelstokkie
15 ml heuning
5 ml elk fyn komyn en gemmer
Peper
7,5 ml borrie
125 ml water
Opdiening: rys of couscous
Metode:

  1. Skil die kwepers en sny in kwarte. Smeer oral oor met die suurlemoenhelftes om te voorkom dat dit verkleur.
  2. Stoom die kwepers oor ‘n kastrol lig-kokende water tot vurk-sag (sowat 25 minute). Laat afkoel en sny in dunner skywe.
    Verhit die olie en botter in ‘n kasserolbak en braai die hoenderstukke bruin (sowat 5-7 minute). Haal hoenderstukke uit.
  3. Braai die uie goudbruin in dieselfde pot vir sowat 5 minute – roer nou en dan. Voeg die amandels, kaneelstokkie en borrie by en braai liggies vir sowat 4 minute tot die amandels gerooster is. Skep uit en hou eenkant.
  4. Verhit die orige botter in die kastrol, voeg die heuning by en roer tot die heuning begin karamelliseer, voeg die gestoomde kwepers en borrie by en braai 3-4 minute tot goudbruin. Skep uit.
  5. Skep nou die hoender en uie terug in die kastrol, voeg water en suurlemoenskil by en kook tot die hoender sag is vir sowat 40 minute.
  6. Plaas die kwepers terug in die pan en kook vir nog 20 minute. Geur met sout en peper, asook suurlemoensap.
    Bedien met rys of koeskoes.