Home News SA Jagters verklaring oor die verbod op Sig Sauer Mod P320 Pistole

SA Jagters verklaring oor die verbod op Sig Sauer Mod P320 Pistole

0
SA Jagters verklaring oor die verbod op Sig Sauer Mod P320 Pistole

Verklaring rakende die verbod op die gebruik van die Sig Sauer Model P320-pistole en alle variante op SA Jagters se skietbane en vir alle skietdissiplines

Die gebruik van alle variante van die Sig Sauer Model P320-pistool word met onmiddellike effek verbied op alle skietbane en by alle skietdissiplines wat onder die vaandel van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging bedryf word.

Hierdie besluit is geneem op grond van goed gedokumenteerde veiligheidskwessies wat internasionaal met hierdie spesifieke model verbind word. Verskeie onafhanklike ondersoeke en regsgedinge het bevind dat die P320 model en alle variante, selfs in sy sogenaamde “verbeterde” weergawe, onder sekere omstandighede onbeheerd kan afgaan sonder dat die sneller getrek word.

Ter beskerming van ons lede, beamptes, toeskouers en die publiek, kan ons nie langer hierdie risiko akkommodeer nie. SA Jagters bly verbind tot die hoogste standaarde van veiligheid en verantwoordelike vuurwapenhantering, en versoek alle lede om alternatiewe vuurwapens te gebruik wat aan erkende veiligheidsvereistes voldoen.

Hierdie verbod geld tot enige verdere kennisgewing in die verband, gebaseer op nuwe of verifieerbare inligting wat die veiligheid van die P320 model en alle variante kan bevestig.

Vir navrae kontak asseblief vir:

  • Jacques van Eck – 082-566-0529
  • Dirk Brand – 083-324-2237
  • Martin Dreyer – 076-953-4278

Important and Urgent Notification

Declaration Regarding the Ban on the Use of the Sig Sauer Model P320 Pistol and All Variants on SA Hunters Shooting Ranges and for All Shooting Disciplines

Effective immediately, the use of all variants of the Sig Sauer Model P320 pistol is prohibited on all shooting ranges and in all shooting disciplines operated under the auspices of the SA Hunters and Wildlife Conservation Association.

This decision has been made based on well-documented safety concerns associated internationally with this specific model. Several independent investigations and legal proceedings have found that the P320 model and all its variants, even in its so-called “improved” version, can, under certain circumstances, discharge without the trigger being pulled.

To protect our members, officials, spectators, and the public, we can no longer accommodate this risk. SA Hunters remains committed to the highest safety standards and responsible firearm handling and urges all members to use alternative firearms that meet recognised safety requirements.

This ban remains in effect until further notice based on new or verifiable information confirming the safety of the P320 model and its variants.

For inquiries, please contact:

  • Jacques van Eck – 082-566-0529
  • Dirk Brand – 083-324-2237
  • Martin Dreyer – 076-953-4278

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here