Saturday, May 4, 2024

Plaaslike Karateka verower nationale kleure

Bookmark
Bookmarked

Karateka van die Lyons Karate Klub in Trichardt gaan SA verteenwoordig

Bruce Lee, Chuck Norris, Jackie Chan and Jet Lee, Dit is die name wat mens aan dink as die woord Karate gebruik word, al beoefen hulle ander forms van ode Oosterse Vegkunste. (Karate beteken “Open Hand” of “Oop Hand”, dit word sonder wapens beoefen.) Vir baie mense het hulle ikone geword. Maar weet ons dat hier in ons eie omgewing Karatekas is wat self sterre in hulle eie reg is?

Vandag dink ons egter aan ons eie Karatekas van ons eie streek.

Verskeie plaaslike Karateka is gekies om Suid Afrika te gaan teenwoording by die 1ste “Indo Pacific Cup” wat gehou gaan word in Mauritius. Almal lede van die Lyons Karate Klub in Trichardt en Bethal.

karateka

Die toernooi vind plaas vanaf 15-16 September.

Tydens die afgelope “JKA Africa Open Championships Incorporating the SA JKA National Championships” waaraan ongeveer 4000 Karateka’s deelgeneem het, is die span gekies en Mpumalanga het 18 medaljes verower.

Die span van die Lyons Karate Klub het met amper alles van dit weggeloop.

Sensei Monique Lyons het die klub in 2008 gestig en daar is twee Dojo’s, een in Secunda en een in Bethal. Daar is ook ongeveer 50 Karatekas van alle ouderdomme en graderings.

Die klublede neem gereeld deel aan plaaslike, provinsiale, nationale en internationale kompetisies deel waar hulle baie goed vaar.

Hulle deelnemers word gereeld in die top posisies gegradeer op nationale vlak en het verskeie deelnemers in die SA JKA Nationale span.

Lees ook: Cash-in-Transit suspects arrested and vehicles recovered

Die aankondiging van die span vir Mauritius het hulle egter effe onkant gevang omdat dit sopas aangekondig is en tyd om fondse bymekaar te kry maar min is. Die koste verbonde aan die kompetisie is redelik hoog en hulle het nog nie borge bekom nie.

Kom ons ondersteun hierdie klub met hulle kompetisie.