AfriForum se Bethal tak het gewoeker gedurende die feestyd deur verskeie projekte aan te pak.
Daar is ‘n groot straatnaam projek afgehandel en ‘n klomp strate se name is herstel en weer aangebring.
“Die projek is geloods om twee redes. Die eerste is om die prag van die dorp te herstel en die tweede is omdat nooddienste sukkel om adresse op te spoor as straatname nie duidelik is nie”, sê Hennie Bekker AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.
“Die projek sal deur die loop van 2020 voortgesit word om ander dele van die dorp ook te herstel” sê Bekker verder. Grassny projekte is ook besig om aandag te geniet. Die plaaslike polisiestasie se gras is gesny en die N17 hoofweg word ook gesny. As ons nie nou ingryp nie gaan die parke en sypaadjies nie meer bruikbaar wees nie”, sê Ingrid Human, Voorsitter van AfriForum se Bethal tak.
AfriForum Bethal het ook weekliks 30 asdromme in die sentrale besigheids distrik van Bethal skoongemaak. Die aksie vind elke week plaas en help om die dorp skoner te hou.
Daar is verdere beplanning om die Nestlè brug en die driehoek daar naby weer netjies te maak en te herstel ook. Die area is ‘n kenmerk van Bethal en talle besoekers ry daar verby elke dag. Sluit vandag nog by hierdie aktiewe tak aan SMS “Bethal” na 45350 (R1). Hennie Bekker Distrikskoördineerder: Laeveld
AfriForum Bethal laat nie gras onder hulle voete groei nie
Bookmark
Bookmarked