Sunday, October 6, 2024

60 jaar getroud! ‘n Leeftyd saam.

Bookmark
Bookmarked

Kobus en Martie van Zyl het onlangs hulle 60ste troudag herdenk

Kobus en Martie van Zyl het op 31 Augustus die groot mylpaal van 60 jaar se getroude lewe herdenk.

Die Bulletin het bietjie by hulle ingeloer om meer uit te vind oor die resep vir ‘n lang getroude lewe.

60ste huweliks herdenking getroud 60 jaar

Ek het vinnig agtergekom dat hierdie nie ‘n kort besoek gaan wees nie. Die vriendelikheid en gasvryheid het my oorwelding en die besoek het vining na ‘n uur en ‘n half geloop.

Kobus en Martie is mense wat baie lekker lewens ervaringe gehad het. Die lewe het baie draaie met hulle geloop om hulle uiteindelik weer terug te bring tot in Evander.

Natuurlik wou ek eerste weet wat die resep vir die lang huwelik is. Oom Kobus (soos ek hom noem) het dadelik gesê dat dit alles te dankie was aan Tannie Martie (soos ek haar noem) se geloof. “Ek was maar ‘n stoute mens op my tyd,” Het oom Kobus gesê. Tannie Martie het maar stilletjies gelag oor wat oom Kobus gesê het.

60 jaar getroud

Die vraag van hoe hulle ontmoet het, het nogal lekker reaksie uit gelok. “Ons was by ‘n dans en ek was die DJ, want ek kon nie dans nie,” Het oom Kobus gesê, “daar het ek haar raak gesien. Tannie Martie het natuurlik daardie aand die meeste gedans wat sy nog ooit gedoen het. Ek kon net wals en ons het die heeltyd gewals.“

Tannie Martie in haar trourok wat haar ma gemaak het

Taniie Martie het gesê dat dit nie heeltemal liefde op oogopslag was nie. ”Hy het my die volgende dag geskakel en gevra om te gaan vliek, ” Het tannie Martie gesê, ” toe het dit maar gegroei van daar af. ” Oom Kobus het gesê dat die vliek wat hulle gekyk het die “The Bridge on the River Kwai” was. Dit is ‘n ou oorlog prent.

Bridge over the river Kwai tema lied

Daar was baie staaltjies waarna oom Kobus na verwys het. Maar een ding wat seker is, is dat Oom Kobus en Tannie Martie diep voetspore getrap het orals waar hulle gaan.

Oom Kobus vertel graag hoe hy destyds aangestel was by die munisipaliteit. Die verkeers afdeling het met Datsun 1400 bakkies diens gedoen. Hy het toe planne gemaak en die eerste afdeling hier rond geword wat super motorfietse bekom het om die jaagduiwels vas te vat.

Eendag het die bestuur van die munisipaliteir oom Kobus ingeroep en hom aangestel in ‘n department wat nog nie bestaan het nie. Die beskermings dienste. Hy was ‘n begroting van R50000 gegee om die department op die been te bring.

Die huidige brandweer gebou in Evander het van sy idees in. Oom Kobus is baie trots op sy destydse department.

Tannie Martie is maar stil en sit net ‘n woordie hier en daar by. Help ook natuurlik oom Kobus onthou van al die gebeure.

Oom Kobus en tannie Martie praat ook gemaklik en lekker oor hulle geloof en hoe hulle geloof hulle deur die jare gedra het.

Lees ook: ANIMALS 101 – PETS, THEIR ALLERGIES & RELIEVING THAT ITCH!

Die kinders het die lang getroudes die naweek verras maar aan hulle niks gesê wat die naweek ingehou het nie. Die naweek was vol verassings met hulle kinders by die huis. Een van die kleinkinders het juis op dieselfde dag verjaar as wat oom Kobus en Tannie Martie se huweliks herdenking was.

Die Bulletin wil graag vir oom Kobus en tannie Martie baie geluk sê met die groot mylpaal van 60 jaar. Baie min mense bereik selfs 50 jaar, wat nog te sê 60 jaar getroud.

Dankie vir ‘n baie lekker onderhoud en weereens : Baie geluk !