-

Community newsROBBIE WESSELS TOP VERMAAK BY KRUINPARK MANNE-AAND!

ROBBIE WESSELS TOP VERMAAK BY KRUINPARK MANNE-AAND!
R

Advertisements

Robbie Wessels tree op by Laerskool Kruinpark se manne-aand.

Die manne het baie lank gewag vir die voorreg om vir Robbie Wessels op ‘n verhoog te sien optree!  Laerskool Kruinpark se oorspronklike datum sou die 15de Augustus 2020 wees, maar ‘n week nadat hulle opgewonde Robbie se besprekingsagent gepraat en vasgemaak het, het Suid-Afrika in hul eerste Covid-19 inperking inbeweeg. 

Robbie Wessels
Robbie Wessels

Vir die res van 2020 het die regulasies en tydsberekinge nie toegelaat dat hulle ‘n tyd kon vind waar die manne lekker saam met mekaar kon kuier nie.

Versigtig opgewonde het Laerskool Kruinpark saam met Robbie Wessels se besprekingsagent ‘n voorlopige datum in Augustus 2021 gekies, met die hoop dat Suid-Afrika se inperkingsreëls ‘n klein samekoms sou toelaat. Die Manne-aand saam met Robbie Wessels, het baie vinnig uitverkoop, met die huidige inperkingsvlak, kon daar ongelukkig nie meer kaartjies verskaf word nie.

In die week voor die groot optrede kon mens die opgewondenheid voel.  Die mans het daarna uitgesien om by Stoepstories bymekaar te kon kom, mense was opgewonde dat Robbie Wessels na Secunda toe gaan kom en dit was seker dat selfs Robbie Wessels opgewonde was om weer na amper twee jaar, op ‘n verhoog te kon klim.

Advertisements

Die mans is met hul aankoms, bederf met ‘n graveerde bierglas, sowel as die eerste bier op die huis. Die wind het nie heeltemal die Saterdag saamgewerk nie, maar dit het niemand se opgewondenheid gedemp nie en het almal vinnig plangemaak om nogsteeds die beste sitplek te kon inneem.

Robbie Wessels bedank Laerskool Kruinpark vir ‘n fantastiese Manne-aand, 21 Augustus 2021

“Laerskool Kruinpark wil graag vir Fireplace Roadhouse bedank, dat hulle as hoofborg hulle ondersteun het met die manne-aand, asook die verruklike kosborde wat die mans ontvang het!  Die manne kan getuig dat niemand honger was nie,” Het Anita de Beer, Bemarkings beampte aan die Bulletin gesê, “Baie dankie aan Stoepstories, wat nooit terugstaan om hul plaaslike gemeenskap te ondersteun nie en weer hulle plek aan Kruinpark beskikbaar gestel het vir die hele dag.  ‘n Groot dank aan Etienne Smit, wat deur die dag gesing en vermaak verskaf het, dit is lekker as ons plaaslike kunstenaars ook geleentheid het om op te tree.” 

“Hotel@Secunda lê Kruinpark ook na aan die hart! Baie dankie dat julle aan Robbie Wessels en sy hele span verblyf uit die boonste rakke verskaf het!  Grubhouse het natuurlik gesorg dat Robbie Wessels en sy span die volgende oggend ‘n ordentlike ontbyt kon geniet voor hulle die lang pad terug huis toe aandurf.  Nanouk Textiles en In the Buff, het vir elke man ‘n besonderse promosionele item verskaf en ook seker gemaak dat Robbie Wessels ordentlik met ‘n eie van sy soort geskenk bedank word vir sy optrede,’ het Anita verder gesê.

Lees ook meer van Laerskool Kruinpark se Redenaars, hier.

Advertisements

“‘n Manne-aand sal nie ‘n manne-aand wees, sonder die plaaslike besighede, besigheidseienaars, ouers en manne wat so aand ondersteun nie! Baie dankie aan elke persoon wat die geleentheid bygewoon het, deelgeneem het aan die veiling wat Tienie Olckers (BL Sportvoorsitter) behartig het en ook aan die veiling geskenk het in die vorm van items en kontant. Een van die hoogtepunte van die veiling was ‘n Brian Mitchell skildery, met ‘n getekende handskoen, pragtig geboks in ‘n glasraam. Die veiling was ‘n reuse sukses en het baie bygedra tot die wins vir Laerskool Kruinpark se sport fondsinsamelingsprojek.”

robbie wessels
Tienie Olckers behartig die veiling.

Robbie Wessels se optrede was een vir die boeke!!  Hy het die mans vermaak met gunsteling liedjies, handtekeninge uitgedeel, seker gemaak daar is paar onthoubare “selfies” en ‘n leeftyd se herinneringe vir die mans wat die aand bygewoon het! Die mans het heerlik saamgesing, deelgeneem en gesorg vir ‘n heerlike atmosfeer! Die aand het vroeg afgesluit, maar die mans het ‘n heerlike middag en vroegaand saam met mekaar geniet en seker gemaak dat hulle die beskikbare tyd tenvolle benut.

“Die winste wat uit die aand gemaak is, gaan aangewend word by Laerskool Kruinpark se sport, vir toerusting, opgradering ens.  Elkeen se bydrae maak ‘n reuse verskil! Laerskool Kruinpark is opreg dankbaar! Ons hoop en vertrou ook, dat in 2022, ons weer ‘n geleentheid sal hê om weer ‘n manne-aand te kan hou,” het Anita afgesluit.

Volg Laerskool Kruinpark se amptelike FB-Blad, deur hier te kliek.

Advertisements

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

ROBBIE WESSELS TOP VERMAAK BY KRUINPARK MANNE-AAND!

- Advertisement -

Latest news

Kruik se Oggenddiens 22 May 2022

Welkom by Kruik se oggenddiens van 22 Mei 2022 Vanoggend se tema is "Die Heilige Gees, Hier en Nou." https://youtu.be/BZ40yPA4GmY Die Heilige...

Company directors appear on fraud charges

COMPANY DIRECTORS WARNED TO RETURN TO COURT FOR FRAUD. MPUMALANGA – Hartman Industrial Equipment (PTY) Ltd, Charles Sydney Hendry Hartman (63)...

ANIMALS 101 – GENERAL POST-OPERATIVE CARE FOR PETS

ANIMALS 101 -WHAT YOU SHOULD KNOW ABOUT POST-OPERATIVE CARE FOR YOUR PETS Any pet parent feels worried when their fur-family...

Medical staff held hostage, ambulance stripped

SUSPECTS STRIPS AN AMBULANCE AND HELD MEDICAL STAFF HOSTAGE Nelspruit: 16 May 2022 - The Provincial Commissioner of the SAPS in...

You might also likeRELATED
Recommended to you