-

Community newsRadiodrama-Slypskool Secunda

Radiodrama-Slypskool Secunda
R

Wil jy graag leer hoe om ’n radiodrama te skryf?

Kobus Burger van RSG bied ’n dag lange, praktiese skryfkursus aan waarin hy die geheime en tegnieke van goeie drama en radiodrama verklap. RSG bied vanjaar weer die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie aan en die prysgeld beloop R115 000. Kom leer op ’n vermaaklike manier hoe om jou teks vir hierdie kompetisie te skryf en te slyp.

Leer wat word gereken as goeie radio-dialoog (en hoe dit klink!), hoe om spanning te skep en hoe ander skrywers daarin geslaag het om in die kompetisie uit te blink. Deelnemers sal ook hoor wat die mees algemene foute is wat beginner-skrywers maak en wat die beoordelaars vir nuwelinge aanbeveel.

Lees ook: Frantic manhunt for farm murderers

Daar sal genoeg klankvoorbeelde wees om na te luister asook tyd om te skryf en te luister.

Die bekroonde radiodramaturg Hendie Grobbelaar sal ook vertel hoe en waar die radiogogga gebyt het en hoe sy haar twee gewilde radiodramas aangepak het.

Deelnemers sal ’n handleiding ontvang – wat nie algemeen beskikbaar is nie – en verskeie hulpbronne sal met kursusgangers gedeel word.

SPERTYD vir aansoeke is Vrydag 28 Mei.

Die slypskool is op enigiemand van 16 jaar en ouer gemik. Geen vorige ervaring in skryf is nodig nie.

Lees die oorspronklike artikel op Lake Umuzi HIER

Kobus Burger

Kobus Burger is die uitvoerende regisseur: drama by RSG. Sy debuut-drama, Mara wie?, het in 2008 die top 5 van die Nagtegaal-tekskompetisie gehaal en is in 2011 met die ATKV Mediaveertjie vir beste radiodrama bekroon. Hy is in 2020 met ’n ATKV Mediaveertjie bekroon vir sy radiowerk en het ook die Cordis Trust se Orde van die Beiteltjie ontvang vir sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en woordkuns.

Radio Drama
Kobus Burger

Hy is die voormalige kunsredakteur van Beeld en was ook vir sowat 18 jaar ‘n toneel-, musiek- en kabaretresensent. Hy was vir ‘n hele paar jaar die voorsitter van die Absa KKNK se Kunstekabinet en later die fees se programbestuurder. Hy skryf steeds weekliks vir die webblad SKROP, sy gedigte en kortverhale is al in die Tydskrif vir Letterkunde en Ons Klyntji gepubliseer en pleeg ander skrywes onder ’n skuilnaam wat hy weier om te verklap.

Naas die toneelverhoog en popmusiek, is kreatiwiteit sy ander passie. Hy is reeds in 2007 deur dr. Eric Maisel, die VSA se voorste kreatiwiteitsafrigter, opgelei om kunstenaars in bykans alle kunsdissiplines te help om hulle talent en kunstenaarskap uit te leef. Kobus se kreatiwiteitslypskole is al tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad en die Moshito-musiekkonferensie aangebied. Hy was ook tot ‘n deeltydse lektor in die joernalistiek aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria

Hendie Grobbelaar

Hendie Grobbelaar woon op Gouritsmond en is ‘n kortverhaalskrywer wat twee selfgepubliseerde kortverhaalbundels, onderskeidelik in 2016 en 2017, die lig laat sien het. Haar derde bundel “Maskermense” verskyn eersdaags by Naledi Uitgewers.

radiodrama
Hendie Grobbelaar

Sy het ook al stories in Vrouekeur en op verskeie platforms soos LitNet gepubliseer asook in twee van die Toyota US Woordfeesbundels. In 2019 word haar verhaal “Die ruimteskip” aangewys as die wenner van daardie jaar se kompetisie.
In 2019 debuteer sy as dramaturg met haar radiodrama “Johanna se Elvis” wat een van die finaliste was in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. ‘n Tweede radiodrama “Sterrereën” verower die tweede plek in dieselfde kompetisie in 2020 en is onlangs uitgesaai

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Radiodrama-Slypskool Secunda

- Advertisement -

Latest news

So is die Lewe: Als loop reg, altyd reg.

Geniet nog 'n aflewering van "So is die Lewe" uit die pen van Marius Britz. Om ‘n omroeper te wees...

Suspect arrested for possession of stolen building material

AN INTELLIGENCE DRIVEN OPERATION YIELDS POSITIVE RESULTS AS MAN ARRESTED WITH STOLEN BUILDING MATERIAL 22 July 2021 An Intelligence-Driven Operation led...

Alleged wildlife traffickers arrested in a joint operation

ALLEGED WILDLIFE TRAFFICKERS ARRESTED  MPUMALANGA – A multi-disciplinary operation was conducted yesterday, 21 July 2021 by the Hawks' Organised Crime Investigation,  Wildlife Trafficking...

ANIMALS 101 – ADOPTING A PET (PART 1)

ANIMALS 101 - WHY SAVING A LIFE THROUGH ADOPTION IS A GREAT IDEA! South Africa is overflowing with unwanted dogs, cats, puppies...

You might also likeRELATED
Recommended to you