Sunday, January 19, 2025

Kruik Oggenddiens 9 Augustus 2020

Bookmark
Bookmarked

Welkom by Kruik se oggenddiens 9 Augustus 2020

Ons is in die 3de deel van ons reeks: “Die Here is my Herder.” Wat beteken hierdie woorde vir jou? Is daar miskien meer wat daarin vir jou lê?

Die Here is my Herder. Deel 3

Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/29107685

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens 2 Augustus 2020

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels.

Geniet die diens saam met ons!

Kruik CCLI lisensie nr: #573361

“Ek weet dat U my liefhet” / C.Visser / © 2009 MAR Gospel Music “Immanuel U is hier” / G.Stander / © 2020 / Gustav Stander “Alles vir My” / R.Burger & L.Liversage / © 2005 / Urial Publishing

Preek Notas en Besprekingsvrae:

Preek Notas

Dawid sê; U is my Herder, U is alles vir my en U is genoeg!

Vir die laaste twee weke het ons dit beklemtoon dat Dawid psalm 23 eintlik skryf vanuit ‘n donker wegkruip plek in sy lewe. Hy vlug vir sy lewe en hy is in groot nood waar hy vrees dat hy dalk sy lewe kan verloor.

Dawid is baie kwesbaar wanneer hy Psalm 23 skryf.

In die volgende vers praat hy van donker dieptes en doodskaduwee… miskien is dit juis die ding wat ons mee kan vereenselwig. Laat my dink aan Rowan by die huis as hy in ‘n donker vertrek moet ingaan, hy draai net daar om, maar as ek saam is stap hy by enige plek in.

Die Here is my Herder ek kom niks kort nie. Hy lei na groen weivelde na waters waar rus is. Hy verkwik my siel en lei my in die spore van geregtigheid.

En dan by vanoggend – Al gaan ek deur donker dieptes, ek sal geen onheil vrees nie. Al gaan ek deur verlies, honger, siekte, veroudering of selfs dood, het ek geen vrees nie want U, Emanneul is hier saam met my. U stok en U staf vertroos my. Dit gee my vryheid! Twee groot struikelblokke genoem in die laaste twee weke…

1. Ons lewe met ‘n tekort. Ons altyd opsoek na nog.

2. Ons lewe met ‘n verwronge beeld van wie ons is. En dan vanoggend…

3. Ons lewe word meestal beheer deur ons vrese.

Ons wêreld word beheer deur vrees. Vrees is orals rondom ons.

Satan floreer met vrees! Hy loop rond soos brullende leeu (ons weet sy tande is getrek op die kruis van Golgotha) maar hy brul pappie. Hy maak bang. En ons… reageer meestal op hierdie vrese en maak selfs groot besluite as gevolg van hierdie vrese.

Dink bietjie terug hoeveel groot besluite jy al gemaak het op vrees of op iets wat moontlik kon gebeur? Wonder as ons nie moet “pause” by donker en doodskaduwee nie en net toelaat dat God ons die donker in vat – en deur die donker vat, al kan ons niks sien nie.

Dawid is kwesbaar hier, en ek dink nie dis ‘n slegte plek om op te wees nie. Hy sê; Al gaan ek deur ‘n dal van doodskaduwee, donker dieptes ek sal niks vrees nie! Amplified sê; Al skyn die son nie! ‘n Lewe sonder tekort is ‘n lewe waar daar nie vrees is nie.

Ons vertroue in wie God is, is groter as enige iets wat ons kort kom of vrees. Dis nie toevallig dat Jesus telkemale vir sy vriende sê; Moenie vrees nie, hoekom is julle bang? Paulus maak Jesus sy Herder – en Paulus is vervolg tot die uiterste toe…

Hy sê; Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Romeine 8:18

Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Romeine 8:31

Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Romeine 8:32

Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?Romeine 8:35

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Romeine 8:37

Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Romeine 8:38,39

Dawid ken die gevare om hom maar te goed dis hoekom hy gehol het. Maar hy sê ek sal geen onheil vrees nie want… U is by my. Emmanuel U is hier!

Paulus skryf verder – Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Filippense 4:6,7

Wie is groter as die Here die almagtige in hierdie lewe? Hy is aan my kant sê Dawid. Gaan daar dinge wees wat my bang maak? Verseker! Gaan ek toelaat dat dit my lewe beheer? Verseker nie!

Wat is dit wat jy vrees? Daardie gevoel van ‘n donker gat… wat is dit? Is dit groter as die Here die almagtige? Hierdie selfde Here sê vir jou, Ek is jou herder, of, Ek wil jou herder wees. Volg my… luister na my stem… moenie vrees nie, Ek is by jou.

Hier is ‘n groot vraag vir jou vanoggend – Wie is jou herder? Wie volg jy? Want dit kan enige iets wees, geld, ‘n verhouding, werk, mag, wie loop jy agter aan… want dis jou herder. John Ortberg – Everybody needs a shepherd, it stings our pride but it’s true.

Your shepherd is to whomever or whatever you are trusting your life. Your shepherd is who or whatever you’re counting on to take care of you, to watch out for you, to make your life worthwhile, to guide you.

Jesus maak die uitnodiging – Volg My – Ek is die goeie Herder. Want Hy weet ons loop agter baie verskillende herders aan.

Hy sê: En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Matteus 9:36

Miskien is jy moeg en uitgeput, die lewe maak jou klaar! Die donker dieptes raak donkerder, die son skyn nie meer waar jy loop nie. Jy loop die hele tyd agter herders aan wat jou net jaag na nog.

Jesus sê; Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig. Matteus 11:28-30

Net ek kan jou laat neerlê in groen weivelde na waters waar rus is, net ek kan jou veilig deur die dal van doodskaduwee vat. Kom! Laat my toe om jou herder te wees.

Besprekingsvrae

Wat is dit wat jy vrees?Is dit groter as die Here?

Wie volg jy met jou lewe? Is dit die Here?

Die Here is die enigste een wat weet wat jy nodig het en jou die nodigste rus en vrede gee, en beskerm teen selfs die dood… Wie vertrou jy om jou deur die donker te vat?