fbpx

Donate and HELP us spread the News

We need your HELP!, Donate R50 to assist The Bulletin in reporting on your Community News. Click on the donate button on the right. →

Tuesday, August 4, 2020
Pay
16.1 C
Secunda
More

    Kruik Oggenddiens 2 Augustus 2020

    Welkom by Kruik se Oggenddiens 2 Augustus 2020

    Ons is in die 2de deel van ons reeks: “Die Here is my Herder.” Wat beteken hierdie woorde vir jou?

    Kruik oggenddiens 2 Augustus 2020

    Is daar miskien meer wat daarin vir jou lê?

    Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

    LEES OOK: Kruik Oggenddiens 19 Julie 2020

    Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

    1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

    2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die oggenddiens aankondigings.

    Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

    Ons sal graag met jou gesels.

    Oggenddiens Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/28052525

    Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

    Dawid is fisies nie op goeie plek in sy lewe nie, hy vlug, hy kruip weg, hy is bang. Hy het ‘n noodkreet in Psalm 22 – Here U help nie, U antwoord my nie!

    En dan kom hy tot ‘n besef en ‘n verandering van gedagtes, in sy nood en wegkruip plek besef Hy dat die Here die almagtige sy Herder is en dat dit vir hom genoeg is.

    En dan word hierdie besef en change of heart sy wegspring blok vir nuwe rigting in sy lewe. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is,lei Hy my heen.

    Hy gaan aan met hierdie vergenoegdheid tema… ek kom niks kort nie, Hy laat my neerlê in groen weivelde… my honger na nog word stil gemaak. ‘n Skaap wat in die veld lê is ‘n skaap wat versadig is, hy lê want hy het genoeg. (Soos Sondag middag) na waters waar rus is, my dors is geles, ek het genoeg want Hy lei my.

    Dawid sê – Ek het oorgegee, ek lei nie meer myself nie. Ek het iemand groter wat ek vertrou met my lewe. Hy loop voor. Wanneer ons dink aan ‘n herder, sien ons hierdie mense langs die pad wat agter loop en die beeste en skape in ‘n rigting indwing.

    Antieke Herder lyk anders. Hy loop voor en die skape volg hom. Johannes 10 – Ek is die goeie Herder, en wanneer Ek my skape uitgebring het, loop Ek voor hulle uit; en die skape volg My, omdat hulle My stem ken.

    En dan sê Dawid – Hy verkwik my siel. Hy gee my siel lewe! Hy restoreer, herstel, verfris, hy wek op in my…hy stof wie ek is af. Mirror Parafrase – ”He leads me beside still waters where my soul is restored; by the waters of reflection my soul remembers who I am!

    Hierdie goeie Herder lei my na my oorspronklike identiteit toe, wie is ek wanneer God van my praat. Groot struikelblok – Ons lewe met ‘n verwronge beeld van wie ons is. Jesus is die Herder wat Dawid van praat vir ‘n vrou by ‘n put. Sy lewe met ‘n identiteitskrisis, met ‘n groot bordjie om haar nek van wie sy eintlik glad nie is nie. Sy is sielsongelukkig – baie dieselfde as ons.

    Sy opsoek na haar “sielsmaat” – baie dieslfde as ons en sy is opsoek na rus vir haar siel – baie soos ons. Jesus sê vir haar; Ek is die goeie herder, ek sal jou lei na waters waar jy nooit sal dors kry nie ek is die een wat jou siels begeertes sal stil maak. Johannes 4:14 Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

    Johannes 4:13 (Message) Jesus said, “Everyone who drinks this water will get thirsty again and again.

    Johannes 4:14 (The Message) Anyone who drinks the water I give will never thirst—not ever. The water I give will be an artesian spring within, gushing fountains of endless life.”

    Johannes 4:15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

    Ek wil jou herder wees, ek wil jou rus gee, ek wil jou siel se roepe stil maak.Sy reageer op Jesus se uitnodigingGee my dit Here! Johannes 4:15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

    Dawid sê ek besef, die Here die almagtige is my Herder, ek kom niks kort nie, Hy gee my rus en vrede en Hy alleen kan my siel voed en gelukkig maak. Hy lei my in die spore van geregtigheid – spore van geregtigheid is die effek van ‘n herstelde siel – dis die natuurlike uitdrukking van ‘n siel wat gesond is.

    Wees U my Herder Vertrou Jesus om voor te loop in jou lewe, Hy wil jou goeie Herder wees.

    LEAVE A REPLY

    Please enter your comment!
    Please enter your name here

    Kruik Oggenddiens 2 Augustus 2020