Sunday, January 19, 2025

Kruik Oggenddiens 30 Augustus 2020

Bookmark
Bookmarked

Welkom by Kruik se oggenddiens 30 Augustus 2020

Tema vir vanoggend se diens: Wat bring sekerheid in ‘n onsekere tyd?

Kruik se oggenddiens 30 Augustus 2020

Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/37975240

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens 23 Augustus 2020

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings. Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels.

Geniet die diens saam met ons!

Preeknotas:

Terugflits na verlede week…

Ons vertroue is op die Here, ten spyte van ons omstandighede, ons geloof is vas in wie Jesus is!

Hebreërs 12:2 Die oë gevestig op Jesus die begin en die voleinder van ons geloof.

en…

Habakuk 3:17-19 (Boodskap) My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie.

Die Here is net goed wanneer dit met my goed gaan nie, die Here seën nie net wanneer ek seën beleef nie.

Die Here is altyd goed, altyd lief, altyd lewe en en altyd lig.

En al sit ek in onsekere tye, my oë is gefokus op ‘n sekere God!

Is jou geloof vas in wie Jesus is?

Iemand het eendag gesê dis nie twyfel wat ons geloof kelder nie, dis geloof in verkeerde goed wat ons geloof kelder.

Onsekerheid is orals en sal altyd hier wees, maar ek plaas nie my vertroue in enige iets anders as God nie.

Moeder Theresa het eendag geantwoord toe sy gevra is hoe sy sekerheid het ten midde van die chaos… haar antwoord was: “Ek het nog nooit sekerheid gehad nie, al wat ek het is vertroue en ek bid dat jy God sal vertrou.

Hebreërs 11:1 (Parafrase) – Die fundamentele feit van ons bestaan is dat hierdie vertroue in God, hierdie geloof, die standvastige fondasie is vir alles wat in hierdie lewe sin maak! Hierdie is ‘n groot feit ons lewens ons kan nie sonder vertroue in die Here leef nie, alles wat sin en gaan sin maak, hang hier van af. Hierdie is ons sekerheid in onsekere tye.

Daar sal altyd iets wees wat steel van ons… Jesus sê…Johannes 10:10 – Dief kom net om te steel en te verwoes en te vernietig. Maar Ek het gekom sodat julle lewe kan hê en dit in oorvloed.

Wie is die dief? Duiwel? Bose? Wêreld? Miskien is dit onsself, ons kan soms ons grootste vyand wees, ons steel soms van onsself.

1 Timoteus 6:11,12 NLV – Maar jy, Timoteus, man van God; vlug weg van al hierdie bose dinge, en volg na wat reg en goed is. Beywer jou vir ’n lewe volgens die wil van God, gekenmerk deur toewyding, geloof, liefde, volharding en deernis. Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo. Hou stewig vas aan die ewige lewe wat God jou gegee het, en wat jy so opreg bely het voor baie getuies.

Skuif jou fokus van die onsekere goed in jou lewe na ‘n vertroue in God. Hou vas aan jou geloof en die ware lewe wat net in Jesus kan wees. Stry die goeie stryd van jou geloof.

Die Here is saam jou in jou trane en in jou nood in die middel van die chaos en tree vir jou in.

Romeine 8:26-27 – Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges

Dink oor jou lewe en maak die nodige skuiwe sodat Christus die fondasie van jou geloof en alles in jou lewe kan wees.

1 Petrus 1:18-21 (The Message) – Your life is a journey you must travel with a deep consciousness of God. It cost God plenty to get you out of that dead-end, empty-headed life you grew up in. He paid with Christ’s sacred blood, you know. He died like an unblemished, sacrificial lamb. And this was no afterthought.

Even though it has only lately—at the end of the ages—become public knowledge, God always knew he was going to do this for you. It’s because of this sacrificed Messiah, whom God then raised from the dead and glorified, that you trust God, that you know you have a future in God.

Besprekingsvrae:

Wat is die goed wat jy jou vertroue in plaas?

Kompeteer dit met die Here? Watter skuiwe moet jy maak om meer jou vertroue in God te plaas?

Wat is daardie goed wat jy self beheer of vertroue eerder in jouself het wat jy moet oorgee?

Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “In die Middel van die Storm” / R.Burger & I.Burger / © 2019 / Burger, Retief “Good Good Father” / A.Brown & P.Barret / Pat Barret Music “Great Are You Lord”/ L.Jordan & D.Leonard / © 2012 / Open Hands Music, Integrity Praise! Music

Music in this video

Learn more

Listen ad-free with YouTube Premium

Song : Happy Smiles

Artist : MorningLightMusic

Album : morninglightmusic.io

Licensed to YouTube by : HAAWK for a 3rd Party; BMI – Broadcast Music Inc., HAAWK Publishing, and 2 music rights societies