Monday, January 20, 2025

Kers Boeremark in Bethal uitgestel na 12 Desember

Bookmark
Bookmarked

BETHAL- Coniforest Kwekery, Bethal, bied op Saterdag, 12 Desember ‘n Kers Boeremark aan.

Swaar reën word voorspel vir die 5de Desember en die organiseerders het dit goed gedink om die mark aan te skuif na die 12de toe.

Die Kersmark vind plaas vanaf 8:00 tot 15:00.

Hierdie mark stel hom ten doel om ‘n platform daar te stel om plaaslike inwoners, en ander instansies, ‘n geleentheid te gee om hul produkte te verkoop.  Die afgelope jaar was moeilik vir alle besighede en het veral hierdie sektore hard getref.

kers boeremark

Daar is reeds ‘n verskeidenheid stalletjies wat ingeskryf is.  Kosstalletjies gaan sorg dat u nie honger hoef huis toe te gaan nie. Die DBV verkoop weer heerlike kos en ‘n gesellige Koffiewinkel gaan verseker sorg dat u heerlik in die kwekery kan  kuier.

Vir die kinders sal daar ‘n speletjiestafel wees.

‘n Radiostasie gaan die dag vir musiek sorg, en u moet ook van die geleentheid gebruik maak om bloed te skenk by SANBS se mobiele eenheid.

Lees ook: Blood levels are very low at the onset of the Festive season.

Daar is nog stalletjies beskikbaar, en as u dalk nog enige ander insette tot die dag wil lewer, is u welkom om vir Paul te skakel op 083 227 0820, of Rita op 083 560 1155.

Besoek Coniforest Kwekery se Facebook blad HIER