Wednesday, January 8, 2025

In gesprek met Hendie Grobbelaar by haar boekvrystelling

Bookmark
Bookmarked

Maskermense, Hendie Grobbelaar se nuutse boek is nou beskikbaar.

Die Boekspens het vanoggend (Vrydag 4 Junie 2021) reggestaan vir die bekendstelling van Hendie Grobbelaar se nuutste boek Maskermense.

Die Bulletin was daar om haar bietjie te pols oor haar boek en sommer ook oor haar radiodramas wat sy geskryf het.

In gesprek met Hendie Grobbelaar by haar boekbekendstelling in Die Boekspens

Maskermense, ‘n titel wat mens onwillekeurig bietjie laat dink aan die huidige omstandighede in die land waar elkeen van ons maskers moet dra. Maar dit is nie noodwendig so nie, dra mens nie maar maskers om iets weg te bêre nie? Dalk bietjie seer, dalk bietjie skaam?

Hierdie boek bevat ‘n paar stories oor verskillende mense, lees dit gerus. Maskermense is by Alma Swart Tel no: 0836575411 beskikbaar of by Naledi uitgewers aanlyn. Kliek HIER om direk na die boek te gaan

Hendie het ook ‘n Facebook blad waar sy van haar ander stories plaas. Hier is die Skakel vir “Potskerwe & Striksvye woordstories

Hendie
Hendie Grobbelaar

More oggend bied Kobus Burger ‘n aanlyn Radiodramaslypskool aan. Hendie het juis nadat sy Kobus ontmoet het en ‘n rukkie na hom geluister het besluit om self haar hand aan ‘n Radiodrama te slaan. Dit het haar 3 maande geneem om haar eerste drama, Johanna se Elvis, te skryf. Die drama was een van die finaliste vir daardie jaar.

Sy het besluit op nog een. Dit het net twee weke geneem en het tweede geeindig in die RSG Sanlam Radiodrama kompetisie.

Die volgende beskrywings kom van RSG se webblad af by www.rsg.co.za:

JOHANNA SE ELVIS

Johanna Apolis is ‘n voorslag as dit kom by die uithaal van blinklywe. Dis haar ambisie om gereken te word onder die vistermanne deur die heel grootste vis van almal te vang. Sou dit haar beskore wees? En teen watter prys? Jy hoor Simoné Benjamin as Johanna. Dann-Jacques Mouton van Noem my Skollie-faam maak sy buiging voor die radiomikrofoon as haar sagmoedige man, Gert. Zenobia Kloppers speel Mattie. Denver Vraagom is Jan Baartman. En jy hoor die stem van Neels Coetzee as Oumeneer. Johanna se Elvis was ‘n finalis in die RSG/Sanlam Radiodrama Skryfkompetisie van 2019.

Johanna se Elvis

STERREREËN

Die drama het die tweede prys ingepalm in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie  van 2020. ‘n Student se ma vra hom om haar huis op te pas terwyl sy oorsee is met vakansie. Dis ‘n gulde geleentheid vir sy pêlle om die huis op horings te neem. Waarop hy egter nie gereken het nie is ‘n beeldskone, eksentrieke meisie se bekoring met die misterie vir die buitenste ruim. Dit lei daartoe dat hy ‘n klap van die heelal kry, en selfs met ‘n pratende kat sit… of is dit alles die uitwerking van eksperimentele daggarokery?! Die akteurs is Luan Jacobs, Claudia Jones, Donovan Pietersen en Christo Compion.

Sterrereën

Johan Allers het van haar stories opgeneem. Hier is “As die Klipdagga blom” luister gerus hoe Johan Allers dit vertolk

Hendie Grobbelaar se As die Klipdagga blom. Opgevoer deur Johan Allers

Op Hendie se Linkedin blad skryf sy die volgende: Believer in the ever-changing communication environment whilst embracing the basic fundamental need for clear and concise information. Love to influence change. Being fortunate to live close to the ocean, I write my stories and try to live in harmony with the environment while looking for opportunities to improve and be the change I want for the world.

Lees ook: ANIMALS 101 – FOUND ANIMALS

Ons kort gesprek het vinnig langer en langer geword. Daar is soveel nog wat ek wou vra maar die tyd het ons ingehaal. Hendie sê ‘n paar slim dinge in haar gesprek met Die Bulletin. “Lees baie as jy wil skryf,” sê sy, “en as jy radiodrama wil skryf moet jy na baie luister.” Kweek ‘n liefde vir lees en luister. “Neem waar wat om jou aangaan en observeer,” sê Hendie, “hou ‘n notaboekie byderhand en maak altyd notas.”

En dan vir die heel belangrikste “begin skryf, gaan sit net en skryf!”