Sunday, January 19, 2025

Afriforum verwyder vullis

Bookmark
Bookmarked

Afriforum het die laaste week die vullis probleem in hulle eie hande geneem en die gemeenskap se pleit beantwoord.

Van laas week Donderdag, 2 Julie het Afriforum saamgespan en 17 4-ton trokke vol swartsakke gelaai en weggery.

Afriforum verwyder vullis
Een van die 4-ton trokke vol vullis

Dit was ongeveer 2000 sakke met ‘n gemiddeld van 20 kg per sak. Dit was ongeveer 40 000 kg!

Daar is nog baie sakke om te verwyder, maar Afriforum wag om terugvoering te kry van die munisiplaiteit of maskers, hand saniteerder ens aan die werkers verskaf is.

Die rede hoekom Afriforum ingespring het om te help met die vullis verwydering is omdat daar ‘n problem met die bestelling van die oorpakke, handskoene, maskers ens aan GMM se kant was.

DA-raadslid Mariaan Chamberlain sê: “Baie dankie aan Afriforum. Ek wil ook graag vra dat die as die gemeenskap besluit om self hulle vullis te verwyder, ‘n net bo-oor hulle bakkies sal plaas om te keer dat die vullis af val van die bakkie af. Ek vra ook dat gemeenskapslede nie hulle vullis enige plek in die groen strook gaan afgooi nie. Sodra die personeel hulle oorpakke, handskoene, maskers ens ontvang sal die vullis verwydering weer gebeur soos dit moet. Bethal het al hulle oorpakke, handskoene, maskers ens ontvang.”

Afriforum wil baie graag dankie sê aan Etienne Smit van Smit Trokdienste vir die gebruik van een van hulle trokke.

Afriforum verwyder vullis
Afriforum het maskers en ander PPE verksaf aan almal wat gehelp het

Afriforum wil ook baie dankie sê vir die trokbestuurders en almal wat gehelp het met hierdie projek.

Voorstelle het van die gemeenskap afgekom dat daar ‘n area afgekamp moet word in die groen strook vir herwinning.

READ ALSO: Funeral Parlour robberies – Police launch Manhunt

Sodoende kan die gemeenskap self hulle afval sorteer in die korrekte afgekampte area bv. Plastiek, Glas en Metaal.

In Wagner Straat blok word die herwinning klaar gedoen, maar word nie uitgesorteer nie.

Die skole en ander gemeenskapsorganisasies kan voordeel trek uit die herwinning van die afval.

Dit kan selfs lei tot werkskepping deur die afval te sorteer.

Baie dankie aan Afriforum vir julle moeite om terug gee vir die gemeenskap.

Indien enige iemand wil betrokke raak en help met projekte in die gemeenskap, kontak asb. vir Jan du Plessis: 061 731 3581.

READ ALSO: AFRIFORUM LAYS CRIMINAL CHARGES AGAINST COMPANY WITH ALLEGED EFF CONNECTIONS AFTER TSHWANE TENDER FRAUD