-

ColumnistSo is die Lewe: Karl Marx die Tweede

So is die Lewe: Karl Marx die Tweede
S

Op daardie oomblik het ek uitgeloop. Ek wou nie by wees nie. My oë was te troebel om die mooi van die weskus se sonsondergang te sien, want my sonnetjie het ook so pas gesak.

Geniet nog ‘n aflewering van “So is die Lewe” uit die pen van Marius Britz.

Op my daaglikse perlgrimstog om prioviand vir die beleggingstydperk te gaan bekom by die naaste winkelsentrum, kook my bloed meteens: in die veld langs die pad loop ‘n man en hou ‘n brandmaer, verflenterde hond vas aan ‘n nylontou wat om die hond se nek vas is. Die verwilderde hond se oë is angebevange, en kort-kort steek hy vas, waarop die man met ‘n plastieksambok in sy ander hand die verwilderde hond genadeloos slaan terwyl hy op die dier skreeu en skel.

My eerste impuls was om in die veld in te ry en die trogdoliese wreedaard onderstebo te ry, die hond op te laai en hom hom met liefde te gaan versorg. Dit is ‘n algemene ding hier in ons omgewing. Veral naweke sien jy die veghonde vol letsels wat iewers heen gesleep word vir hondegevegte. Daar is skynbaar baie geld vir weddenskappe op die spel. Daar is ook gerugte dat klein skoothondjies gesteel word om tydens sulke gevegte die vegters op te sweep en kwaad te maak.

Die herrinering word opgevolg deur berigte op sosiale media en die Burger. ‘n Man en vrou word afgeneem waar hulle sogenaamd iemand se lieflinghond “oppas”. Hondesitters, noem die tweetal hulself. Ongelukkig vir hulle het die eienaar kringtelevisie in sy huis geinstalleer, en daar word duidelik gesien hoe die hond genadeloos geslaan word, geklap word, aan sy nek gegryp word en deur die lug by die deur uitgeslinger word. Skynbaar was dit vir hulle snaaks, want die tweetjies geniet dit oënskynlik.

Met hierdie twee grafiese beskrywings hierbo sal menige hondeliefhebber onmiddelik die roering van woede en afgryse ervaar. Veral as jy self honde het wat jy soos kleinkinders hanteer, en wat jou hele lewe verryk.

Sy naam was Marx, ons swart worshondjie. Hy was die een wat op sy oupa se skoot aan die slaap geraak het, wat lief was om onder die komberse voor die gasverwarmer te lê, om saam met oupa sy Sondagmiddagslapie op die bed in die sonnetjie te vang. Sy grootste vreugde was om die sakke te deursnuffel as sy oupa dalk ‘n draai by Hospice se winkel gemaak het, want daar was altyd ‘n speelding iewers wat hy dan opgespeel het, die watte-binnegoed oor die hele huis versprei, soos hy instinkmatig geteel is.

so is die lewe

Die ritueel met etenstyd was so voorspelbaar; hy sou geduldig sit en wag terwyl hy kyk hoe sy kos ingeskep word, dan sou hy, stertjie swaaiend, stip kyk hoe die sousie oor die blokkies gegooi word, dan het hy gehardloop na die hoekie waar hy sy aandete sou eet. Na ete het hy met ‘n behaaglike sug op die bank kom spring, en dan weggetrek met ‘n gesnork van kakofoniese omvang, reg vir die nag. Wanneer daar egter ‘n geluid was, het hy skielik opgespring, en met ‘n donderende stem gaan soek na die skelms. Marx het die hart van ‘n leeu gehad, die brein van ‘n jakkals, die lyf van ‘n wors, en die blaf van ‘n Rottweiler.

Lees ook: So is die Lewe: Vadersdag, Om dit weer te kan doen

Drie weke gelede het hy egter net eensklaps begin om sy agterbeentjie te sleep. Hy kon nie meer opspring om op sy oupa se skoot te kom sit nie. Die verlamming het vinnig versprei. Eers was dit sy hele agterlyfie, toe sy voorlyf. Marx was binne enkele dae heeltemal verlam. Daaglikse besoeke aan die veearts het bevestig dat dit ‘n genetiese ding was wat worshonde so jonk soos vier jaar al kan plattrek. Geen medikasie, inspuitings of oefening het gehelp nie. Ons het alles probeer, dapper gebly. Ten duurste cannabisolie vir diere gekoop en getrou dit vir hom gevoer. Die hortende asempie het egter vir ons duidelik gemaak dat Marx se longspiere ook begin verlam raak het.

En toe.

Met die wintersonnetjie wat alreeds laag oor die see hang, het ons hom veearts toe gevat, na ‘n ander een toe vir ‘n tweede opinie. Toegedraai in sy nuwe rooi kombersie, met sy gunsteling teddiebeer langs hom. Die een waarmee hy so baldadig gespeel het.

Lees oor CBD Olies vir troeteldiere HIER

Die veearts was egter klinies en reguit. Daar is geen kans nie. Nie eens ‘n peperduur opersasie nie. Sy het vol deernis ons gelos om totsiens te sê. Marx se ogies was dof, sy asempie was vlak en hygend. Hy kon nie beweeg nie. Ek het sy koppie in my hand gehou waar hy op die ondersoektafel gelê het. En toe, meneer, het ek gehuil. Hartstogtelik geweeklaag. Marx het sy verlamde nekkie opgedwing, sy koppie effens gelig, en die trane op my wange gelek.

so is die lewe

Op daardie oomblik het ek uitgeloop. Ek wou nie by wees nie. My oë was te troebel om die mooi van die weskus se sonsondergang te sien, want my sonnetjie het ook so pas gesak.

Meneer die hondeslaner, en wag vir jou langs die veld. Miskien moet ek vir jou wys wat daardie sambok van jou nog alles kan doen. 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

So is die Lewe: Karl Marx die Tweede

Op daardie oomblik het ek uitgeloop. Ek wou nie by wees nie. My oë was te troebel om die mooi van die weskus se sonsondergang te sien, want my sonnetjie het ook so pas gesak.

- Advertisement -

Latest news

Drug Dealer sentenced to jail

ACCUSED SENTENCED TO TEN YEARS IMPRISONMENT FOR R2.4MILLION DRUGS MPUMALANGA –Andwele Solomon Mwabangwe (45), a foreign national was found guilty...

Bethal Kersliggie projek 2021

Die Bethal Kersliggie projek is weer hier! Die derde Kersliggie Fees volg op 2 vorige suksesvolle feeste en is weereens...

ANIMALS 101 – THE RABBIT AND THE TORTOISE

ANIMALS 101 - HOW TO HANDLE THEM CORRECTLY AND WITH CARE. Many of us grew up with the tale of...

Accused still in jail for attempted bribery

ACCUSED REMANDED IN CUSTODY FOR ENTICING TRAFFIC OFFICIALS MPUMALANGA – Accused Moshayi Tonderai (31) and Patrick Ncube (31) were remanded...

You might also likeRELATED
Recommended to you