Sunday, October 6, 2024

CARLA DE BEER KUIER 2DE KEER IN SECUNDA

Bookmark
Bookmarked

Alles wat die “screenager” en ouers moet weet oor sosiale media, ‘n Praatjie deur Carla de Beer.

Carla de Beer van The Digital Law Company was laasweek, 3 November 2022 in Secunda, waar sy paar plaaslike skole se leerders en personeel toegespreek het en die aand ‘n sessie met ouers gehad het by Laerskool Kruinpark, met die titel “SELFIES, SEKSKLETS EN SLIMFONE”: ‘Alles wat die “screenager” en ouers moet weet oor sosiale media’.

Carla de Beer
Carla de Beer tydens haar praatjie met ouers in Laerskool Kruinpark se skoolsaal

In vandag se digitale agtergrond, is dit noodsaaklik dat ouers en kinders bewus is van die wetlike aspekte wat sosiale media aanbetref asook hoe om hulself veilig te hou.

Carla het haar loopbaan by The Digital Law Company begin in 2016 terwyl sy haar LL.B graad aan die Universiteit van Johannesburg voltooi het. Sy het in 2018 ook haar Media Regs Diploma voltooi aan die Universiteit van die Witwatersrand.

The Digital Law Company spesialiseer in die onderrig en opvoeding van skole, onderwysers, kinders, ouers, werknemers, en universiteite oor die regs-, disiplinêre en reputasionele risiko’s van sosiale media.

Carla se areas van kennis by The Digital Law Company sluit in alle aspekte van sosiale media en die reg, praatjies oor sosiale media vir skole en ouers. Carla is passievol oor kinders en om ander te help om te verstaan hoe om sosiale media effektief en verantwoordelik te gebruik.

Van die onderwerpe wat tydens Carla de Beer se praatjie gedek was met die ouers was onder andere; die regte wat oorweeg moet word rakende sosiale media, dit sluit in naamskending, privaatheid, haatspraak en aanranding; kuberboeliery- hoe om dit te raak te sien, wat om te doen en wat sê die reg hieroor; kriminele toerekeningsvatbaarheid – op watter ouderdom kan my kind verantwoordelik gehou word vir ‘n misdaad, wanneer kan hulle gedagvaar word in hul eie naam; die disiplinêre gevolge deur sosiale media te gebruik (kan jy geskors word by die skool?);  kan ek as ouer verantwoordelik gehou word vir my kinders se dade ens.

Die praatjie was insiggewend vir leerders, personeel en ouers, met ‘n paar geleenthede tydens die praatjie waar mense verstom was oor die Suid-Afrikaanse landskap rakende Sosiale Media en die wetlike aspek van dit.

Met die praatjie was dit ook duidelik dat daar baie van ons is, jonk en “oud”, wat baie vrae het oor wat en hoe sosiale media ons lewens beïnvloed en ook mee raad nodig het vir situasies waarin hulself bevind.

Carla de Beer en Meneer Heese
Carla de Beer en Meneer Danie Heese, Laerskool Kruinpark se Skoolhoof, gesels ‘n bietjie voor die praatjie begin.

Carla het ook WhatsApp groepe bespreek en genoem dat as jy ‘n admin van ‘n groep is, jy verantwoordelik gehou word vir alle kommentaar wat op die groep geplaas word en dat die wet tans vir jou 2 dae gee, om kommentaar te verwyder wat onvanpas is.

Dit was ook baie lekker gewees om vir Carla de Beer in Secunda en Laerskool Kruinpark te kon verwelkom, die laaste spreker wat met ouers kon praat, was Johrné van Huyssteen wat in 2019 in Secunda was om by Laerskool Kruinpark se Damesoggend op te tree.

Die 5de Februarie, het Laerskool Kruinpark ook ‘n Verrykingseminaar vir ongeveer 100 plaaslike onderwysers aangebied vir grondslagfase onderwysers, lees meer hier.

Daar is ook boeke beskikbaar, wat op die webtuiste bestel kan word, of op Takealot bestel kan word. Die eerste boek getiteld “Don’t film yourself having sex and other legal advice for the age of social media” is meer geskik vir volwassenes en besighede vir die wetlike aspekte rondom sosiale media.

Die boek, getiteld “Selfies, seksklets & slimfone” noem Carla die K53 vir tieners en sosiale media, is beskikbaar in Afrikaans sowel as Engels en word dit hoogs aanbeveel vir ouers en kinders.

Om meer van Digital Law Company te weet, volg gerus hulle FB Bladsy The Digital Law Company.

Indien u graag vir Emma Sadleir, Carla de Beer by u besigheid of skool wil nooi, gaan gerus na hulle webtuiste https://www.thedigitallawco.com/ vir meer inligting.