LAERSKOOL SECUNDA SE 0/9 KRIEKETSPAN ONOORWONNE!

0
5597

Laerskool Secunda se 0/9 krieketspan is onoorwonne hierdie seisoen na 7 wedstryde.

Onder leiding van mnr. Ruben Silvo en mnr. Roelof Steyn as afrigters het hierdie span van krag tot krag gegroei gedurende hulle 2022 krieketseisoen.  Die seuns het ook ‘n krieketkliniek bygewoon wat deur Nickus Boshoff van NB Krieket akademie aangebied is in Juniemaand.

Met hul harde oefening en vasberadenheid het hierdie seuns al 7 hulle krieketwedstryde gewen.  Die volgende 3 Laerskool Secunda krieketspelers is as die beste boulers aangewys; Aldrich Fourie, Aaron Odell en Juan Badenhorst. 

Laerskool Secunda se 0/9 krieketspan saam met hulle afrigters.

Die 2 grootste oorwinnings sover was dié van 10 paaltjies elk en waar hulle teenstanders slegs 21 en 31 lopies aangeteken het.

Met 4 wedstryde oor van hierdie seisoen is Laerskool Secunda baie opgewonde om te sien wat vir hierdie gesogte span voorlê.

Vir meer inligting oor ons #wennerskool volg gerus vir Laerskool Secunda op hulle Facebookblad.

Lees ook: ANIMALS 101 – “ FREE TO GOOD HOME ” ANIMAL ADS ARE FUELLING THE MASSIVE OVERPOPULATION CRISIS.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here
Captcha verification failed!
CAPTCHA user score failed. Please contact us!