Sunday, October 6, 2024

RADIKALE REDENAARS: 4 KRUINPARKERS DEUR NA NASIONALE FINAAL

Bookmark
Bookmarked

Vier Laerskool Kruinpark leerders dring deur na die Radikale Redenaars Nasionale Finaal.

Laerskool Kruinpark se kekkelkouse neem nie net deel aan verskeie nasionale redenaarskompetisies, soos ConSpirito, ATKV en ook die Radikale Redenaars.

Hierdie jaar was die Radikale Redenaars kompetisie, net soos in die grendeltydperk, gedurende Covid, ‘n aanlynkompetisie, waar die leerders tot en met 22 Julie 2022 tyd gehad het om hulle videos in te stuur.

Meer as 35 kekkelkouse het deelgeneem aan die Radikale Redenaars kompetisie en het almal gespog met pragtige uitslae!

Uit hierdie kekkelkouse, het 20 Kruinparkers gekwalifiseer om aan die streeksfinaal en het hulle ‘n knopie ontvang vir hulle deelname.

Daar is verskeie afdelings waaraan die leerders kon deelneem en voor ingeksryf het. Afrikaans moedertaal, Lees Poësie, ‘Reading Poetry’ en ‘Reading Prosa’ is die afdelings waarin die leerders in uitgeblink het.

Graad 1: Afrikaans Moedertaal

Cindy Bredenham & Amily Obermeyer

Graad 1: Lees – Poësie

Simeon Coetzee

Graad 1: Reading – Poetry

Amily Obermeyer

Graad 2: Afrikaans Moedertaal

Luné Erasmus

Graad 3: Afrikaans Moedertaal

Dine-mari Grobler & Ava Blaauw

Graad 3: Lees – Poësie

Sebastian Botha

Graad 3: Reading – Poetry

Markus Coetzee

Graad 4: Afrikaans Moedertaal

Heike de Klerk, Anél Grobler & Du Toit Malan

Graad 4: Lees – Poësie

Milan Zwarts & Anél Grobler

Graad 5: Afrikaans Moedertaal en Lees – Poësie

Abigail Zwarts

Graad 5: Reading – Prosa

Lianke Obermeyer

Graad 6: Afrikaans Moedertaal

Ju-Ané du Plessis

Graad 6: Lees – Prosa

Imke van der Lith

Graad 7: Afrikaans Moedertaal

Stian Griffin

Graad 7: Lees – Prosa

Katelyn Shaw & Amelia Shaw

Daar het vier Kruinpark kekkelkouse wat deurdring na die Radikale Redenaars Nasionale Finaal wat later in die jaar plaasvind.

NASIONALE FINALE DEELNEMERS

Graad 5: Reading – Poetry: Lianke Obermeyer, Graad 1: Afrikaans Moedertaal: Iva Stopforth (afwesig), Graad 1: Lees – Poësie: Amily Obermeyer & Graad 3: Lees – Poësie: Markus Coetzee

Lees ook: Kruinpark Kekkelkouse Blink Uit – TOP 10!

Hou gerus die skool se FB Blad dop, deur Laerskool Kruinpark te kliek.