Sunday, October 6, 2024

4 KRUINPARK KEKKELKOUSE SKITTER BY ATKV-LANDSFINAAL!

Bookmark
Bookmarked

Vier van Laerskool Kruinpark se kekkelkouse het by die ATKV-Landsfinaal deelgeneem.

Amelia Shaw, Imke van der Lith, Kamo Maile en Busisa Mashego (Laerskool Kruinpark verteenwoordig, hy is nou in Laerskool Bosveld, Lephalale), het deurgedring het na die ATKV se Nasionale finale Redenaarskompetisie, wat in 16 Augustus by Buffelspoort plaasgevind het.

Dit was strawwe voorbereiding om teen die land se beste redenaars te kompeteer en het al die kekkelkouse hulle goed van hul taak gekwyt.

Al 4 Kruinpark kekkelkouse eindig by die ATKV Landsfinaal op die TOP 10!

LAERSKOOL KRUINPARK KEKKELKOUSE by die ATKV-Landsfinaal (van links na regs): Busisa Mashego, Kamo Maile, Imke van der Lith, Amelia Shaw, juffrou Marianna Victor.

Busisa Mashego, het tydens die ATKV Nasionale redenaarskompetisie die prys gewen het vir beste taalgebruik en beste spreker, graad 4 en 5 addissionele taal.

ATKV-Landsfinaal: Busisa Mashego wen beste taalgebruik en beste spreker, graad 4 en 5 addissionele taal. Busisa ontvang sy sertifikate en prys saam met sy ma en juffrou Marianna Victor.

Kamo Maile het ‘n 5de plek, Amelia Shaw eindig 6de en Imke van der Lith kry 9de plek.

KRUINPARKERS EINDIG ALMAL OP DIE TOP 10 (van links na regs): Imke van der Lith, Kamo Maile en Amelia Shaw.

Kruinpark se kekkelkouse kook sowaar!

Lees hier om te lees hoe hierdie leerders hulle pad oopgepraat het deur die jaar met ATKV Redenaars.

Hou gerus die skool se FB Blad dop, deur Laerskool Kruinpark te kliek.