Monday, October 7, 2024

KRUINPARK ATKV REDENAARS TOP 10

Bookmark
Bookmarked

Kruinpark kekkelkouse sluit die ATKV Redenaars seisoen op ‘n hoë noot af! 

Kruinpark het die jaar weer in groot getalle deelgeneem aan die ATKV Redenaars! Altesaam het Kruinpark drie Mpumalanga eerste plekke, agt redenaars op die top tien, ses redenaars op die ATKV Nasionale top 100 en twee redenaars in die nasionale top drie. Dit is werklik ‘n prestasie om op trots te wees!

Hierdie kekkelkouse, moes nie net woorde onthou nie, maar dit was, kamera, ligte en aksie gewees! Die kekkelkouse moes die jaar net soos in 2020, aanlyn deelneem aan die ATKV Redenaars. Die leerders het hulself oortref en het Laerskool Kruinpark vele komplimente ontvang dat ons leerders so netjies op die skerms lyk!

Heike de Klerk, het ‘n eerste plek behaal, in die groep Graad 1 tot 3 Huistaal, tydens die ATKV redenaars se streeksfinaal en Nasionaal, tweede geëindig!

Heike de Klerk - ATKV Redenaars
Heike de Klerk

Busisa Mashego, het eerste plek behaal in die streeksfinaal vir die afdeling Afrikaans, eerste addisionele taal. Busisa het ook ‘n Nasionale derde plek behaal!

Busisa Mashego - ATKV Redenaars
Busisa Mashego

Om meer nuus van Laerskool Kruinpark te sien, kliek hier om hul FB Blad te volg.

Kruinpark behaal ‘n vierkuns by die Mpumalanga top tien ATKV streeksfinaal vir Graad 4 en 5 huistaal! Hier is die Kekkelkouse se plekke:

Abigail Zwarts – eerste, Anru Aucamp – sesde, Aiden Olckers – negende en Imke van der Lith – tiende!

Abigail Zwarts - ATKV Redenaars
Abigail Zwarts
Anru Aucamp - ATKV Redenaars
Anru Aucamp
Aiden Olckers - ATKV Redenaars
Aiden Olckers
Imke van der Lith - ATKV Redenaars
Imke van der Lith

Estian Knoetze behaal ‘n tweede plek en Amelia Shaw ‘n tiende plek by die ATKV Mpumalanga streeksfinaal.

Estian Knoetze - ATKV Redenaars
Estian Knoetze
Amelia Shaw - ATKV Redenaars
Amelia Shaw

Kruinpark Kekkelkouse kook en maak defnitief die hele Secunda trots!

Lees ook: ANIMALS 101 – HOW YOU CAN HELP ANIMAL WELFARE