Saturday, November 16, 2024

Kruinpark Skitter tydens Podiumpret!

Bookmark
Bookmarked

Kruinpark het aan die Podiumpret kometisie deelgeneem en uitstekend gevaar.

Hier is hulle uitblinkers

Kekkelkouse

Hierdie vier Kruinpark Kekkelkouse maak Kruinpark geskiedenis in 2020!

Kruikpark podiumpret

Katelyn Shaw  wen beide die Redenaars en Lees afdelings tydens die Podiumpret Nasionale finaal! 

Abigail Zwarts dring deur na die Podiumpret Redenaars en Lees Nasionale finaal en behaal die eerste plek met die item Lees (prosa) tydens die Nasionale finaal. . 

Heike de Klerk dring deur na die Podiumpret Nasionale Finaal en haal die Top Tien vir Redenaars. Sy behaal ‘n Eerste plek vir Lees (prosa)

en Milan Zwarts dring deur na die Podiumpret Nasionale Finaal en behaal ‘n tweede plek vir lees (prosa) en ‘n eerste plek vir Redenaars! 

Hulle name word op plaatjies aangebring op die Keur- en Olienhoutbome by die Taalmonument in die Paarl. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!

Graad 2 Groepredenaars

Die Kruinpark Graad twee Groepredenaars, Lerisha Swiegers, Milan Zwarts en Natascha Jonck, dring deur na die Podiumpret Nasionale finale en stap weg met die Eerste plek! Hulle name word op plaatjies aangebring op die Keur- en Olienhoutbome by die Taalmonument in die Paarl. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!

kruinpark podiumpret
Graad 2 Groepredenaars

Lerisha Swiegers

Lerisha Swiegers dring deur na die Podiumpret Redenaars Nasionale Finaal en behaal ‘n derde plek. 

Lerisha Swiegers

Amelia Shaw

Amelia Shaw behaal by die Podiumpret nasionale finaal ‘n derde plek vir Redenaars en ‘n tweede plek vir lees.

Amelia Shaw

Lianke Obermeyer

Lianke Obermeyer dring deur na die Podiumpret Nasionale finaal vir die items Redenaars, Afrikaans lees (prosa) en stap weg as die Nasionale wenner vir Engels lees (prose). 

Lianke Obermeyer

Lees ook: Laerskool Kruinpark leerlinge woeker met talente!

Aiden Olckers

Aiden Olckers dring deur na die Podiumpret Nasionale Finale vir Redenaars, Lees (poësie) – tweede plek en Lees (verhaal) – derde plek. 

Aiden Olckers

Pieter van Niekerk

Pieter van Niekerk behaal op die Podiumpret finaal ‘n tweede plek vir sy Redenaars (Humoristies) en eerste plekke vir Onvoorbereid en ‘n nuwe kategorie – Verwelkoming. Pieter se Verwelkoming was sò goed, dat dit vir die Graad Een Opedag gebruik is!

Besoek Kruinpark se Facebook blad HIER.

Pieter van Niekerk

Dine-Mari Grobler

Dine-mari Grobler dring deur na die Podiumpret Nasionale Redenaarsfinale en behaal ‘n derde plek!

Dine-Mari Grobler