Saturday, November 16, 2024

Kruik Oggenddiens 6 September 2020

Bookmark
Bookmarked

Welkom by Kruik se oggenddiens 6 September 2020

Tema vis vanoggend se diens: Die Jesus ritmes

Kruik se oggenddiens 6 September. Die Jesus Ritmes

Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes.

Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/38955339

Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.

LEES OOK: Kruik Oggenddiens 30 Augustus 2020

Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:

1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016

2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.

Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.

Ons sal graag met jou gesels. Geniet die diens saam met ons!

Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “Koning van die Eeue” / R.Burger / © 2012 / Retief Burger “Hier is ek Heer” / J.Terry / © MAR Gospel Music Publishers “Here, Heilige Here”/ A.Van Rooyen & J.Heystek / © 2016 Brettian Production

Besprekings notas:

Die Jesus ritmes…

Wat is dit wat Jesus doen en sê wanneer dit kom by ritmes in sy lewe? Hoekom nuwe ritmes aanleer? Soms het ons nie ‘n keuse nie… as jy dink aan ‘n broek vas maak en die knoop kom nie by nie…Ons word daarin gedwing… Paulus sê vir Timotheus hy moet ook pasop vir slegte ritmes in sy geestelike lewe.

1 Tim 4:7-9 (Message) Exercise daily in God—no spiritual flabbiness, please! Workouts in the gymnasium are useful, but a disciplined life in God is far more so, making you fit both today and forever. You can count on this. Take it to heart.

Kyk in die spieël en dink sjoe… hierdie handvatsels is groter… Dit gebeur geestelik ook, oefen ons met dit wat ons weet goed is vir ons.

Ons moet erken dat die rigtings waarheen die Here ons wil in vat nooit ophou nie – en dat jy nie te oud, of te lank al ‘n Christen is om iets nuut te leer nie!! Nuwe ritmes kweek nuwe gewoontes en nuwe gewoontes bring nuwe lewe – veral in ‘n tyd soos dié waar ons verseker moet besin oor nuwe gewoontes…

Wat jy vanoggend moet doen is jy moet erken! Erken jy het nuwe ritmes nodig, anders gaan dit nooit nuwe gewoontes word wat lei na nuwe lewe nie.

Ek en Chanel paar jaar terug slegte eet gewoontes gehad – lei na – uurglas lyfie… in die slegte.

Ons moes stop en sê tot hier en nie verder nie! Ons het nodig om te erken – op te staan en – iets daaraan te doen, geloof sonder werke is dood…

Jakobus 2:14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red?

Een van die eerste ritmes wat Jesus kommunikeer is aan Nikodemus… jy moet weer gebore word.

Johannes 3:3 Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Weergeboorte = Hart vir Jesus gee… is dit al? Wat van die ander dele van jou lewe? Jy moet van vooraf begin dink – dink soos ‘n kind en toelaat dat God jou soog…

Kinders dink anders as grootmense… reg? Miskien is ons te groot… in ons verhouding met Jesus… of te flabby…ons eet net… en doen niks… ons word groot maar ons is nie aktief nie.

Jesus sê die tyd wanneer jy die meeste afhanklik is is wanneer jy ‘n kind is… gelukkig is elkeen wat weet hoe afhanklik hulle van my is (Matt 5)ek wil jou grootmaak… so gemaak so laat staan… Jesus sê ek wil jou weer grootmaakkom ons begin oor… maar ek soek nie net jou hart nie ek soek alles…

Om weer gebore te word om soos ‘n kind te word is voor vereiste vir groei. Jy kan nie groei as jy dink jy is klaar groot nie. “Know it alls” kan nie groei nie. Daai ding wat ek van praat – daai verhouding daai besigheids manier, daai wellus, daai gedagtes was iewers gebore… dit moet weer gebore word. Ek wil jou van vooraf leer oor hoe dit werk.

Matteus 11:25 Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het.

Hebreërs 12:7-10 (Message) God is educating you; that’s why you must never drop out. He’s treating you as dear children. This trouble you’re in isn’t punishment; it’s training, the normal experience of children. Only irresponsible parents leave children to fend for themselves. Would you prefer an irresponsible God? We respect our own parents for training and not spoiling us, so why not embrace God’s training so we can truly live? While we were children, our parents did what seemed best to them.

But God is doing what is best for us, training us to live God’s holy best. At the time, discipline isn’t much fun. It always feels like it’s going against the grain. Later, of course, it pays off handsomely, for it’s the well-trained who find themselves mature in their relationship with God.

Partykeer druk slegte omstandighede ons in nuwe ritmes in… dit forseer ons om na ‘n ander manier te kyk… Wanneer ek omgekeer is dink ek eerder aan nuwe ritmes as in normale omstandighede.

Matteus 18:2-4 Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.

In watter dele van jou lewe moet jy weer gebore word? Nie net vir hemel toe gaan nie… wat is die dele…