Friday, November 15, 2024

Afriforum Bethal-tak herstel slaggate in die dorp

Bookmark
Bookmarked

AfriForum se Bethal-tak het op 26 Augustus 2020 dié dorp se slaggate herstel.

Afriforum Bethal-tak herstel slaggate in die dorp
Afriforum herstel slaggate in Bethal

Daar is tydens die projek meer as 200 sakke teer gebruik om slaggate in Du Plooystraat en Eeufeesstraat tot by die N17-hoofweg te herstel.

LEES OOK: So is die Lewe: Afrika se Hartklop

Die reuseslaggate by die Midnight Engen-vulstasie is ook herstel en sowat 30 sakke teer is vir dié drie slaggate gebruik.

Afriforum Bethal-tak herstel slaggate in die dorp
Een van die reuse slaggate

“As ’n gemeenskap moet ons saamstaan en die probleme in Bethal takel. Deur selfdoeninisiatiewe soos hierdie kan ons die dorp se agteruitgang keer,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.

READ ALSO: AfriForum request international media to report on increase in farm murders

Ondernemings en inwoners van Bethal het hierdie aksie moontlik gemaak deur bydraes te lewer waarmee die teer aangekoop is.