Welkom by Kruik se oggenddiens 23 Augustus 2020
Tema vir vanoggend se diens: My vertroue in die Here is nie daarvan afhanklik dat dit met my goedgaan nie.
Groot Woorde… My vertroue is in God al doen Hy nie wat ek vra nie of al vat Hy niks weg of maak niks reg nie, vertrou ek Hom dat Hy beter weet.
Die uitnodiging bly om die Here te vertrou ten spyte van ons omstandighede. Ten spyte van die donker die hoop en vertroue te hê dat Hy die lig is! My geloof is op wie Jesus is.
LEES OOK: Kruik Oggenddiens 16 Augustus 2020
Preeknotas + Besprekingsvrae: http://bible.com/events/33307068 of kyk onderaan
Ons het ook ‘n Smallville Kinderkerk les vir jou beskikbaar op Smallville se Facebook blad of op Kruik Gemeente se Youtube kanaal.
Maak ‘n finansiële bydrae op 2 verskillende maniere:
1. Gee Aanlyn – Kruik Gemeente, ABSA, Tjek, 632005, Rek nr: 1510140016
2. Gee deur Zapper App – vind ons QR code in die diens aankondigings.
Kontak ons gerus op Kruik Gemeente se Facebook Messenger en Whatsapp lyn (0721336130) of besoek ons webtuiste by: https://www.kruik.co.za/.
Ons sal graag met jou gesels.
Geniet die diens saam met ons!
Kruik CCLI lisensie nr: #573361 “Hier is ek Heer” / J.Terry / Mar Gospel Music Publishers “Ek sal sing” / C.Combrink, H.Maritz & J.Odendaal / Hennie Maritz Music “Oceans” (Where feet may fail) / M.Crocker, J.Houston & S.Lighthelm / © 2012 / Hillsong Music Publishing
Preeknotas
Groot Woorde… My vertroue is in God al doen hy nie wat ek vra nie of al vat Hy niks weg of maak niks reg nie, vertrou ek Hom dat Hy beter weet.
Die uitnodiging bly om die Here te vertrou ten spyte van ons omstandighede. Ten spyte van die donker die hoop en vertroue te hê dat Hy die lig is! My geloof is op wie Jesus is.
Hebreërs 12:2 Die oë gevestig op Jesus die begin en die voleinder van ons geloof.
Juda (Israel) was op soortgelyke plek as ons, donker en voel as God ons nie hoor nie! Habakuk praat namens die volk en vra die Here;
Habakuk 1:2-5 (Boodskap) Hoekom laat U my hierdie verkeerde dinge sien? Hoekom verdra U dit dat mense swaarkry? Waar ek ook al kyk, lê dinge verwoes. Dit is ’n wêreld vol geweld. Oral stry en baklei mense. Here, hoe lank moet ek nog bly roep dat U moet help? Dit klink nie of U hoor nie. Ek kla by U omdat mense ons aanrand en doodmaak, maar U red ons nie. Mense steur hulle nie aan die wet nie. Die howe sorg nie dat wat reg is die wenner is nie.
Habakuk 1:2-5 (Boodskap) Die Here het toe vir die mense van Juda gesê: Hou ’n bietjie die ander volke om julle dop. Ek het binnekort ’n groot verrassing vir julle. As iemand julle daarvan sou vertel het, sou julle hom nie geglo het nie.
Habakuk 2:3-4 (Boodskap) Dit voel dalk vir jou of dinge sloer en of niks aan die gebeur is nie, maar wees geduldig. Jy sal sien, kom sal dit kom en niks en niemand sal dit kan terughou nie. Die vyand is vol van homself, maar sal nie oorleef nie. Maar mense wat die Here met ’n opregte hart dien, sal lewe as hulle aan Hom getrou bly.
Die Here sluimer of slaap nooit nie en Hy nooi ons om te wag en geduldig toe te kyk hoe Hy regeer. En dan sê Habakuk groot woorde wat ons moet mooi oor dink en ons eie maak.
Habakuk 3:17-19 (Boodskap) My vertroue in die Here is nie afhanklik daarvan dat dit met my goed gaan nie.
Hierdie is ‘n moeilike ding vir ons, ons meet baie keer die goedheid van die Here aan hoe dit met ons of die mensdom gaan. Maar Jesus het nooit dit vir ons beloof nie eintlik het Hy die teendeel vir ons beloof. Die Here is altyd goed ten spyte van hoe dit met ons gaan. Habakuk gaan aan met hierdie gedagte;
Habakuk 3:17-19 (Boodskap) Al dra die vyeboom nie vye nie en is daar nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; of al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red. Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te kan hanteer.
Hebreërs 13:5-6 Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is die Een wat my help. Ek hoef vir niks bang te wees nie. Buitendien, wat kan ’n mens aan my doen?” Wees tevrede met wat julle het en moenie heeltyd agter geld aanhardloop asof dit die belangrikste ding in julle lewe is nie. God het mos gesê: “Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie.”
Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
So om te weet dat die Here saam ons is al sien ons dit nie in ons lewens nie is moeilik maar dis groot realiteit in ons lewens. Ons vertrou Hom dat Hy met ons is al werk dit nie uit soos wat ons hoop nie.
Spreuke 3:5-6 (Boodskap) Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Hou goeie moed die Here is met ons al voel dit nie altyd so nie.
Besprekingsvrae
Is dit dalk dat jy die goedheid van die Here meet aan hoe dit met jou gaan?
Kan jy die Here vertrou met jou hele lewe al werk niks vir jou uit nie?
Hoe kan jy opnuut jou vertroue in die Here sit?